Trump 'n 2de keer in staat van beskuldiging

14 January 2021 | Internasionaal
Die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het ten gunste daarvan gestem dat pres. Donald Trump in 'n staat van beskuldiging gestel word.


Die finale stemming was soos volg: 232 ten gunste, 197 daarteen en vyf het nie gestem nie. Tien Republikeine het ten gunste van die staat van beskuldiging gestem.

Dit is die eerste keer dat 'n president twee keer in sy ampstermyn in 'n staat van beskuldiging gestel word.

Trump sal in die senaat verhoor word.

Met slegs ’n week oor in Trump se onstuimige vierjaartermyn, kan ’n onmiddellike verhoor die senaat in staat stel om te stem of Trump die Withuis moet verlaat voordat Joe Biden op 20 Januarie amptelik as president ingehuldig word.

Die huis het reeds gister omstreeks 12:30 (Amerikaanse tyd) begin debatteer oor die enkele aanklag teen Trump: aanhitsing tot ’n opstand.

Dit kom nadat Trump verlede week sy ondersteuners toegespreek het kort voordat hulle die kongresgebou bestorm het. Vyf mense is dood en talle ander is beseer.

Nancy Pelosi, speaker van die huis en ’n Demokraat, het gesê Trump is ’n “duidelike en dringende gevaar”.

“Ons weet die president het die opstand, die gewapende rebellie teen ons gemeenskaplike land, aangehits. Hy moet gaan.”

Dit is egter nie net die Demokrate wat Trump se kop eis nie. Talle Republikeine wat jare lank lojale ondersteuners van Trump was, steun ook die staat van beskuldiging.

Dit sluit in Liz Cheney, die Republikeine se derde belangrikste lid in die huis van verteenwoordigers. - Netwerk24

Foto Reuters

Soortgelyk

 

Ses vermeende renosterstropers vas

2 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Ses vermeende renosterstropers is vasgetrek nadat 'n witrenosterbul verlede week in die Okahandja-distrik gestroop is. Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan,...

Plan in pencil

11 ure gelede |

Chaze Nalisa Happy new season. It is the time of the year when we start talking about resolutions versus habits. If you are making plans,...

The early bird catches the worm

11 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises The head of TransNamib, Johny Smith, a seasoned professional in the transport and logistics industry, joined the rail service company in February...

Sewe beseer in tronkgeveg

11 ure gelede | Polisie

Kristien Kruger – Vyf tronkbewaarders en twee gevangenes is beseer toe 'n geveg in Hardap se gevangenis uitgebreek het.Die voorval het, volgens die Namibiese korrektiewe...

A top tier Namibian brand

11 ure gelede | Mense

Monique AdamsElzane Ludeke always dreamt of owning her very own leather handbag brand but thought it might happen later in her life. She worked in...

Determined and eager to learn more

11 ure gelede | Mense

Monique AdamsBesides spending time with her son and family, she loves dancing, travelling, appreciates being home and trying out new recipes.Born in a village called...

Warmer see lok ongewone spesies

11 ure gelede | Visserye

Weens die ongewoon warm temperature van die Atlantiese Oseaan langs die Namibiese kus (24 grade Celsius Dinsdag by die Mole opSwakopmund) word daagliks meer swemmers...

Geen uitslae meer in koerante

11 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal nie vanjaar se graad 12-uitslae ook in koerante publiseer, soos tevore die gebruik was...

Weer vir 15 Januarie 2021

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordwestelike en verre westelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met...