Tropiese stelsel sprei wye reu00ebnkombers
Tropiese stelsel sprei wye reu00ebnkombers

Tropiese stelsel sprei wye reënkombers

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Die weerkantoor het Vrydag gewaarsku teen stormweer, erge wind en vloede wat skade kon veroorsaak die afgelope naweek, maar dit het nie waar geword nie.

In die plek van die verwagte tropiese depressie as laaste stuiptrekking van sikloon Dineo, het ’n tropiese laagdrukstelsel oor die land inbeweeg wat tans vir uiters nat toestande oor die grootste dele van die land sorg.

Namibiërs in die sentrale, noordelike en oostelike dele van die land is Vrydag gemaan om tydens die verwagte stormweer tuis te bly, genoeg water vir drie dae by hulle te hou, nie onnodig te reis nie en nie deur riviere of vloedgebiede te ry nie.

Amtelike inligting hieroor het egter gou stertjies bygekry en stemboodskappe met vals inligting oor rampe is versprei.

Die polisie het gister in sy weeklikse misdaadoorsig gewaarsku sulke vals boodskappe saai paniek.

“Dit was onnodig en moet vermy word, want nasionale rampe is geen grap nie,” het hoofinsp. Kauna Shikwambi gesê.

Die direkteur van nood- en rampbestuur in die Namibiese Hidrologiese Diens, mnr. Jephet Itenge, asook die adjunkdirekteur van metereologiese dienste in die ministerie van werke en vervoer, mnr. Franz /Uirab, het Vrydag gewaarsku dat die tropiese depressie wat op Namibië afstuur, groot skade kan veroorsaak.

Gevolglik is gebeurlikheidsplanne opgestel in onder meer die oostelike helfte en sentrale noorde van die land, wat die ooste van die Hardap-, Khomas- en Otjozondjupa-streek, asook die Omaheke, Kavango-Wes-, Kavango-Oos- en Zambezi-streek insluit.

Die tropiese depressie was die nagevolg van sikloon Dineo wat, soos dit ooswaarts oor suidelike Afrika beweeg, stoom verloor en in intensiteit afneem.

Teen die tyd dat dié weerverskynsel Namibië egter Saterdagoggend getref het, het dit sodanig verswak dat dit na ’n tropiese laagdrukstelsel afgegradeer is.

/Uirab het die verskynsel vergelyk met sikloon Eline van 2000 wat in Namibië tot sy einde gekom het.

“Die weerstelsels is bekend daarvoor dat dit onvoorspelbaar is en soms skielik van rigting kan verander,” het hy gesê.

Hy het dit as ’n uitsonderlike situasie vir Namibië beskryf.

Namibië se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het gister by navraag gesê die stelsel was teen middagtyd Sondag baie sterk oor die noordweste, met dele van die noordelike en sentrale gebiede wat ook reën gekry het.

Volgens hom word reën tot vandag verwag, waarna dit sal afneem.

Swaar neerslae

Dit blyk uit plasings op "Reën in Namibië" se Facebook-blad die meeste reën het Saterdag in die omgewings van Okahandja, Otjiwarongo, Outjo, Omaruru, die Mieliedriehoek en oos van Windhoek by Steinhausen en Sumnmerdown voorgekom.

Dirk Coetzee het laat weet dit het 85 mm gereën op die plaas Omuramba sowat 90 km noordoos van Okahandja.

Marinda Fouché sê 100 mm het Saterdagaand en -nag op die plaas Heuwelsrus naby die Omatakos geval.

Jannes Bergh skryf: “My pa praat altyd van landsreën . . . vanaf Otjiwarongo tot by Okahandja is dit propvol water.

Dis asof die aarde nie weet wat om met alles te maak nie.”

Wilfried Lakemeier van die plaas Otjikururume by die Omatakodam het van 15:00 Saterdag af tot 08:00 gister 150 mm gemeet, terwyl Henriette le Grange van die plaas Keizen, tussen Steinhausen en Summerdown, 80 mm gerapporteer het.

Op Outjo is Saterdag 90 mm gemeet en goeie neerslae is ook by Kalkfeld en Omaruru gemeet.

Paaie na die wildplaas Mount Etjo by Kalkfeld was gister só nat dat besoekers laat weet is om dit liewer te vermy.

Aangeheg is die amptelike reënvalsyfers in millimeter soos dit gisteroggend by die weerkantoor aangemeld is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004