Tropiese stelsel bring vog vir Noordooste

Warm weer kom óók

12 November 2019 | Weer
Elvira Hattingh - ’n Tropiese vogstelsel kan vir bykans die res van die week reën na die noordooste van die land bring. Dit sal egter ooswaarts beweeg en teen Donderdag en Vrydag slegs oor die Zambezistreek voorkom.

Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Richard Nashikaku, het gister aan Republikein gesê die stelsel kan vandag reën vir die sentrale noordelike en noordoostelike dele van die land bring. Dié reën sal geïsoleerd oor die Zambezistreek wees, met ’n bedekking van 40% tot 60%.

In die Sentrale Noorde asook dele van Otjozondjupa- en die Omahekestreek kan bewolkte tot gedeeltelik bewolkte weer met enkele reënbuie verwag word, maar met baie warm weer oor die Noorde.

Die Suide kan ook warm tot baie warm weer te wagte wees.

Vanaf môre kan die verre noordoostelike dele soos Kavango-Oos en –Wes, asook die noordelike dele van die Otjozondjupastreek enkele en geïsoleerde buie verwag. Dit sluit die Zambezistreek in.

“Die stelsel beweeg in der waarheid ooswaarts en skuif dus weg van Namibië af,” het Nashikaku verduidelik. “Teen Donderdag en Vrydag verwag ons geïsoleerde buie slegs oor die Zambezistreek. Die noordelike streke kan van môre af gedeeltelik bewolkte weer verwag met sonnige periodes oor die ||Kharas- en Hardapstreek.”

Dié voorspelling volg nadat sterk reënbuie oor veral die Sentrale Noorde by Ongwediva geval het. Mnr. Jan Nel het Vrydagoggend op die Facebook-blad “Reën in Namibia” laat weet dit het 20 mm op Ondangwa en 70 mm op Ongwediva gereën, terwyl me. Wilmarie Horn pragfoto’s van daarvan gedeel het.

“Ruik sommer die hoop in die lug,” het sy geskryf.

Me. Barbara Blättler het laat weet dit het ook Donderdagaand tussen 13 mm en 20 mm op die plaas Erichsfelde tussen Okahandja en Otjiwarongo gereën en foto’s gedeel.

Mnr. Pietsie Diergaardt sê dit het Vrydag 13 mm by Ohorongo gereën en die afgelope Sondag weer 18,5 mm, terwyl nog iemand laat weet het dit het 15 mm in die Otavi-vallei gereën.

- [email protected]

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

21 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

21 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

21 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

21 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

21 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...