‘Trokdrywers ’n nasionale bate’

Vervoerbedryf wil owerhede se hande vat

01 April 2020 | Vervoer
Ronelle Rademeyer – “Ons drywers is nou ons belangrikste bate en ons moet na hul welsyn omsien. Soos dinge nou aangaan, kan dit vir hulle te veel word en hulle kan breekpunt bereik.

“Ons moet onthou hulle kan nie ná hulle vragte afgelaai het, na hul families terugkeer nie. Hulle slaap in hul vragmotors se kajuite, of meld by ’n plek van kwarantyn aan.”

Só het mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), gister die saak van langafstand-trokdrywers bepleit wat sedert Saterdag ure lank by padblokkades na en vanaf die Khomasstreek opgehou word.

Só byvoorbeeld is vragmotorbestuurders Maandagaand aangesê om by die twee padblokkades buite Okahandja, die een vir kusverkeer en die ander een na die Noorde, te oornag aangesien daar tussen seweuur dié aand en seweuur Dinsdagoggend geen mediese beampte was om Covid-19-skanderings te behartig nie.

Dieselfde probleem het later in die dag weer opgeduik en drie vragte met speenkalwers wat onderweg was na voerkrale in Suid-Afrika, moes omdraai en die beeste weer te gaan aflaai om nie onnodige stres vir diere te veroorsaak nie. Veebemarking is een van die aspekte in die landbouwaardeketting wat as ’n noodsaaklike diens geklassifiseer is.

Schmidt het gister gesê hy is baie bekommerd oor die welvaart van trokdrywers.

“Die vragmotorbestuurders wat vrag oorgrens vervoer, is van ons mees ervare mense met baie goeie ondervinding en navigasievermoëns. Wat doen ons as hulle sê hulle het genoeg gehad en gaan nie verder noodsaaklike goedere soos kos en medisyne vervoer nie?

“Ons moet hulle in ons gebede opdra,” het hy gesê.

Voolgens hom is die vervoer- en logistiekbedryf bereid om kundige mense aan die owerhede beskikbaar te stel wat by padblokkades ontplooi kan word “om na die funksionele en operasionele aspekte” om te sien sodat vragverkeer sonder oponthoude kan vloei.

Hy sê die vinnige verwerking van permitte, goedkeuring van vragte en doeltreffende kommunikasie is die take waarmee dié bedryf bereid is om die owerhede te help.

“Ons is saam in hierdie situasie. Dit is in nasionale belang dat noodsaaklike goedere so vining as moontlik by bestemmings kom,” sê hy.

Namibia Media Holdings (NMH) is in gesprek met dié bedryf en die owerhede om as fasiliteerder op te tree in die beskikbaarstelling van bykomende mediese personeel by die padblokkades buite Okahandja, Rehoboth en Seeis.

Dit is om te voorkom dat daar nie personeel by padblokkades is om koors-skanderings te doen nie.

Botswana het intussen ook gister ’n grendeltyd van 28 dae afgekondig wat môre in werking tree.

Die buurland het die versekering gegee dat die vervoer van noodsaaklike goedere ongehinderd kan voortgaan in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se riglyne vir oorgrensverkeer tydens die Covid-19-pandemie.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

15 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...