Troeteldiere stroom nie in by DBV's

Skenkings minder weens Covid

08 July 2021 | Gemeenskap
Tanja Bause – Sedert die begin van die Covid-19-pandemie is daar nie 'n toename in honde wat landswyd by dierebeskermingsverenigings (DBV's) afgelaai word nie.

Me. Ingrid Gürtel van die Tierschutzverein Swakopmund sê hulle ervaar wel 'n toename in katte wat afgegee word.

“Hierdie jaar is verreweg die ergste wat ons nog ooit beleef het in terme van kateienaars wat hul katte vir ons kom gee. Baie mense het hul werk verloor of hul salarisse is verminder en nou kan hulle nie meer na hul katte omsien nie. Daar is ook mense wat weens finansiële redes uit hul woonstelle moes trek en dus ook nie meer vir hul katte kan sorg nie. Ons het verskriklik baie katte ingekry. Al ons hokke is vol, ons kan nie nog huisves nie.”

Dié DBV het die Meowwwhelp our Cats-inisiatief van stapel gestuur om die katte te help.

“Mense kan 'n kat aanneem sonder dat hulle die kat huis toe vat. Hulle kan 'n kat uitsoek en 'n aannemingsfooi van N$750 betaal. Ons gebruik die geld om die kat reg te maak, te ontwurm en in te ent. Die persoon kan dan maandeliks N$400 skenk om kos vir 'hul kat' te koop totdat die kat 'n nuwe tuiste kry. Die kat sal 21 dae in 'n hok bly sodat hy/sy by die DBV-omgewing kan aanpas en dan word hulle toegelaat om vry rond te beweeg totdat hulle 'n huis kry.”

Volgens haar is daar baie mense op Swakopmund en die omgewing wat die DBV ondersteun.

“Ek het net gister weer 'n koevert van 'n bejaarde dame gekry wat gesê het binne is iets vir my geliefde diere.”

Me. Sylvia Breitenstein sê die DBV in Windhoek ervaar ook nie 'n styging in die aantal troeteldiere wat by hulle afgelaai word nie.

“Nie almal het familie wat na troeteldiere kan kyk wanneer hulle in die hospitaal opgeneem word nie. Ons vra dié mense om ons te kontak sodat ons na hul diere kan omsien. Ons het al sleutels by hospitale gaan optel en die diere gaan voer. Kontak ons en ons doen dit,” het sy gesê.



TESTAMENT-INSTRUKSIES

Volgens haar moet mense in hul testamente instruksies gee waarheen hul diere ná hul afsterwe moet gaan.

“Skryf neer wat met jou diere moet gebeur wanneer jy nie meer hier is nie. As jy dit nie nou in jou testament wil sit nie, skryf dit neer waar mense dit kan vind en weet wat om te doen en wie vir hulle gaan sorg.”

Die DBV op Walvisbaai het ook geen aansienlike toename ondervind nie.

“Hier en daar het 'n paar diere ingekom, maar dit is nie baie nie. As ek moet skat, het ons sowat vyf diere gekry omdat die mense nie meer weens finansiële uitdaging vir hulle kan sorg nie. Ons het sowat 15 diere gekry waarvan die eienaars hospitaal toe is en die diere weer kom haal het nadat hulle ontslaan is. Ons het nog geen dier ontvang omdat die eienaar oorlede is nie,” het mnr. Alfred Schmidt van dié DBV gesê.

Volgens hom het hulle onlangs 'n groot skenking ontvang waarmee hulle nou kos kan koop, maar skenkings in die algemeen het oor die afgelope maande afgeneem.

“Ons stoorkamers was voor Covid-19 altyd halfvol en nou is ons as ek dit so kan stel op oorlewing. Soos skenkings inkom so koop ons kos. Daar is beslis 'n groot verskil van voor en tydens Covid-19.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Hengari at the forefront of the youth agenda

3 ure gelede | Skole

Rivaldo Kavanga Hailing from Okakarara in the Otjozondjupa Region, Inna Koviao-Vetarere Hengari (25) is Namibia’s youngest elected parliamentarian. She currently leads the youth agenda...

For the love of reading

3 ure gelede | Onderwys

The Presidential Advisor on Youth Matters and Enterprise Development, Daisry Mathias, joined learners at Fidel Castro Primary School to mark 2021 National Readathon Week. Mathias...

New education act, regulations in final stages

3 ure gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der Walt The regulations adjacent to the new education act are in their final stages, according to the education inspector for...

Let’s talk about it

3 ure gelede | Skole

Monique Adams On Thursday, 2 September, the Office of the First Lady and One Economy Foundation facilitated an intergenerational dialogue with young people.This dialogue looked...

Jong skoonheid met 'n hart van goud

3 ure gelede | Skole

Mariselle Stofberg – Vir Chanique (Chani) Rabe wat onlangs as die nuwe Mej. Supranasionaal 2021 aangewys is, is haar passie vir jeug- en gemeenskapsontwikkeling ’n...

Windhoek Hospitality and Culinary College introduces new programme

3 ure gelede | Onderwys

Desiree Gases The Windhoek Hospitality and Culinary College (WHCC) is introducing Namibia Training Authority’s (NTA) level two housekeeping, laundry and front office programme with an...

Following in my father’s footsteps

3 ure gelede | Skole

Amalia Cloete I am currently studying at the International Training College Lingua. I am doing an honours degree in human resource (HR) management, and this...

Pupkewitz Megabuild launches 2022 graduate programme

3 ure gelede | Onderwys

Wetumwene Shikage The Pupkewitz Megabuild Graduate Programme initiative is aimed at supporting newly graduated students to gain work experience, which will serve as an additional...

Rundu in die donker

9 ure gelede | Energie

Inwoners van Rundu is sedert 10:00 vanoggend sonder krag. Volgens NamPower se areabestuurder vir die noordelike streek, mnr. Petrus Immanuel, is dit weens tegniese...