Trap! Dis my huis: Helfte in minder as 'n week huis toe

14 February 2020 | Kuns en vermaak
Net die helfte van die oorspronklike 50 mense het oorgebly in die tweeslaapkamerhuis op die TV-program Trap! Dis my huis toe ses mense in Woensdagaand se episode op VIA huis toe is.

Dit het minder as ’n week geduur voordat 25 mense huis toe is. Daar was ook twee groot verrassings toe Fred (39) van Kuilsrivier, die vorige huiskaptein, besluit het om huis toe te gaan.

Ook Bianca (19) van Pretoria het gesê dinge word vir haar te veel en sy mis die huis. Sy het ook gesê sy neem die plek op van iemand wat régtig daar wil wees. Bianca en Fred was tot nou toe prominente karakters in die program en veral Fred het baie aanhangers op sosiale media.

Ook Tyron (21) van Wellington en Hayden (20) van Strandfontein het besluit om vrywillig te loop omdat hulle meen hul “spanmaats” het hulle in die steek gelaat.

“Almal in die alliansie is veilig, want ons het vir hulle gestem,” sê Tyron. “Maar hulle het nie vir ons gestem nie. Ek gaan nie langer my tyd mors met mense vir wie ek alles gee, maar hulle gee dit nie terug nie.”

Fred se hoofrede vir sy vertrek is dat hy moeg is vir die huis en wil braai.

“Hoekom dit uitstel? Ek was kaptein, ek het ’n goeie scene opgesit, goed geld geblaas, en nou gaan ek skiet. Ek is pap, ek is lus vir braai, ek is lus vir die huis. Dit was awesome, maar ek wil nou waai.”

Talle mense in die huis was geskok oor Fred se besluit – ook die nuwe huiskaptein, Marike (35) van Fresnaye. Nadat sy gekies is het sy besluit om onder meer groente en vrugte vir die huis te koop, en die studeerkamer te verruil daarvoor.

Al die inwoners het heerlik vetkoeke geëet, terwyl drie ander hul bokse met hul persoonlike besittings verruil het vir ’n pakkie sigarette elk.

Die gesamentlike pryspot aan die einde van die sesde dag was R894 600 nadat die mededingers R15 000 terug kon wen met ’n speletjie.

Die twee wat uitgestem is, is Niël (26) van Pretoria en Nkululeko (32) van Khayelitsha.

Die program word Woensdae om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Heruitsendings is op Vrydae om 18:00 en weer Saterdae om 22:00.

-Netwerk24

Soortgelyk

 

Damme voller

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

9 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

9 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

9 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

9 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

9 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

9 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...