TransNamib-werkers woedend oor bonusse
Maria Eiseb - Werknemers van TransNamib is woedend ná hulle vanoggend meegedeel is dat geen bonusse vanjaar betaal sal word nie.
Kort ná die nuus, het ontstoke werkers onder die "Groot Boom" voor TransNamib saamgetrek en op redes vir dié besluit aangedring. Bestuur het geweier om hulle toe te spreek. Werkers het aan Republikein gesê hulle gee TransNamib 24 uur om met antwoorde vorendag te kom, of: "Die treine sal nie loop nie!"
Op die foto praat die hoofsekretaris van die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Natau), mnr. John Kwedhi, met die werkers.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie