TransNamib vra geld by regering
Die bestuursraad het aangekondig dat die karweier vaartbelyn gemaak moet word en van sy eiendomme ontslae moet raak.
Catherine Sasman – Die voorsitter van TransNamib se bestuursraad, mnr. Paul Smit, sê die regering moet die nasionale karweier help om sy balansstaat skoon te maak deur skuld van N$450 miljoen aan China te betaal.
Hy het gesê TransNamib moet ook gehelp word om N$360 miljoen se oorbruggingskapitaal vir die eerste ses maande van die 2017/18 finansiële jaar te kry.
“Dié geld is nodig om TransNamib op die regte pad te sit,” het Smit Woensdag by die bekendstelling van ses nuwe lokomotiewe, ter waarde van N$526 miljoen, gesê.
Die waarnemende hoof van die karweier, mnr. Hippy Tjivikua, het gesê TransNamib en die spoorwegsektor het sedert onafhanklikheid deur moeilike en onstuimige tye gegaan omdat te min geld daarin belê is.
“Wat het verkeerd gegaan?” het hy gevra en bygevoeg: “Sit te min geld in en verwag geen noemenswaardige gevolge nie. Punt.”
Hy het gesê TransNamib kon net dié ses lokomotiewe bestel, terwyl die naburige Angola ’n 100, Mosambiek 125 en Suid-Afrika 1 064 in dieselfde tydperk bestel het.
“Dit is kommerwekkend dat ons Namibië as ’n vervoer- en logistieke sentrum wil bemark en tog bly die kapasiteit van ons lokomotiewe, lopende voorraad en spoorweginfrastruktuur ’n kommerwekkende faktor wat nie in ooreenstemming met besigheid in Suider-Afrika is nie,” het Tjivikua gesê.
TRANSFORMASIEPLANNE
TransNamib se bestuursraad het by ’n spesiale vergadering op 23 Februarie besluit om die maatskappy se besigheidsplan onmiddellik tot uitvoering te bring.
Smit het gesê ’n nuwe hoof uitvoerende beampte sal ook so spoedig moontlik aangestel moet word.
TransNamib is sonder ’n hoof sedert me. Sara Naanda onder verdagte omstandighede die maatskappy vroeg verlede jaar verlaat het.
Smit het gesê daar sal van die nuwe hoof verwag word om spoedig bykomende markgeleenthede te identifiseer, om kostebesparende maatreëls in te stel, en om operasionele ondoeltreffendheid en ontbrekende vaardighede te identifiseer en aan te spreek.
Die nuwe hoof sal die transformasieproses, wat reeds aan die einde van 2014 aangekondig is, tot finale uitvoering moet bring en ’n geïntegreerde strategiese sakeplan binne drie tot ses maande ná sy of haar aanstelling moet voltooi.
Die raad, Tjivikua en die projekbestuurder van die transformasieproses, mnr. Johan Piek, gaan ook begin om die maatskappy meer vaartbelyn te maak om vanaf April mededingend bedryf te word, het Smit gesê.
’n Finansiële plan vir 2017 en 2018, wat gegrond is op ’n sakeplan wat deur die bestuursraad goedgekeur is, sal teen volgende maand afgehandel word om geld van die regering af te kry en om vir oorbruggingskapitaal by kommersiële banke aansoek te doen.
Smit het ook aangekondig dat TransNamib alle eiendomme wat nie noodsaaklik is nie, te verkoop. Die eiendomme sal ook aangewend word om die maatskappy se bedrywighede te finansier.
Smit het gesê slim vennootskappe moet met die private sektor gevorm word om TransNamib se deurlopende voorraad en ander noodsaaklike dienste aan die gang te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie