Tragedie tref ná rugbywedstryd

27 September 2021 | Plaaslik
Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.

“Ons is bitter hartseer oor wat gebeur het,” sê Wanderers se voorsitter, mnr. Willem van Zyl, oor die dood van die ervare skrumskakel van die klub se derde span, wat by die Unam-stadion teen FNB Unam III gespeel het.

Nell het volgens hom ’n rib beseer toe hy laat in die tweede helfte op ’n bal geval het. “Hy is toe na die mediese bussie geneem waar hy ondersoek is.

“Ná die wedstryd was hy vir ’n goeie 20 minute saam met ons in die kleedkamer. Hy het vir ons almal gesê, ek is oukei. Hy het ’n koue stort gevat en beter gevoel.

“Ons het toe die kleedkamers ontruim en gery klub toe waar ons almal weer bymekaar sou kom. Edwardo het saam met so vier of vyf van ons spelers in die kleedkamer agtergebly nadat ek reeds weg was.

“Een van ons spelers het my later kom sê Edwardo het buite die stadion inmekaar gesak. Die skeidsregters en noodhulppersoneel was daar teenwoordig en het aanbeveel hulle moet dadelik hospitaal toe gaan.

“Hy was by Katutura-hospitaal opgeneem, maar het vermoedelik reeds te veel inwendig gebloei. Ons wag saam met die familie op die uitslag van die nadoodse ondersoek.”

Nell het eers vir die Politegnikum (nou Nust) gespeel voor hy by Wanderers aangesluit het. Hy was in die Wit Hingste se groep vir die 2016 Gold Cup-reeks teen van die kampioenklubs van Suid-Afrikaanse provinsies.

“Edwardo was vir ses jaar ’n aktiewe speler by ons klub en het ’n belangrike leiersrol gespeel in die sukses van ons tweede span wat sedert 2015 reeds drie keer die NRU Reserweliga-beker gewen het. Ek het self in my speeldae nog saam met Edwardo gespeel. Hy het altyd ’n glimlag gehad en was altyd positief.

“Ons treur saam met sy familie is hierdie moeilike tyd,” het Van Zyl gesê.

André Visser, uitgetrede losskakel van Wanderers, sê Nell was ’n getroue speler wat selde oefeninge misgeloop het.

“Ek sal altyd die reserweliga-eindstryd van 2015 onthou, toe ons tweede span die seisoen onoorwonne afgesluit het. Edwardo het op ’n manier deur Unam se verdediging gekom en moes ’n ent hardloop om ’n drie in die hoek te druk. Ná daai lopie het dit etlike minute geduur voor hy sy asem teruggekry het.”


Edwardo word oorleef deur sy ma Isadore, wat ook ’n bekende as administrateur in Namibiese netbalkringe is.

In die sosiale media het bure die naweek onthou hoe Nell tydens Covid-19-inperkings inwoners van Hochlandpark opgekommandeer het om in die straat saam met hom te oefen sodat hulle fiks kon bly.
• Sy dood kom een dag nadat Wanderers-rugbyklub ook van die afsterwe van sy jarelange president, mnr. Neels Dodds (65), verwittig is.
Volgens die polisieverslag was twee werkers saam met Dodds op sy plaas Aub naby die C28-pad en een het gesien hoe Dodds homself met ’n jaggeweer om die lewe gebring het.
Die Namibië Rugby-unie se president, mnr. Corrie Mensah, het namens hom en die NRU sy meegevoel uitgespreek met Wanderers-klub en beide families.
“Ek het vir Neels die afgelope jare deur rugby en veilings op sy plaas leer ken. Hy was ’n baie goedige reus,” sê Mensah.

Die Namibië Rugby-unie se president, mnr. Corrie Mensah, het namens hom en die NRU sy meegevoel uitgespreek met Wanderers-klub en die familie.

FOTO
Edwardo Nell in 2016. Foto argief

Soortgelyk

 

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

1 uur gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

2 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

3 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

3 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Creativity and mental health: Where do we overstep

15 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

15 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

15 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

15 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

15 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...