Tragedie tref Mariental
Denver Kisting
'n Treurspel het die afgelope naweek op Mariental afgespeel toe twee vroue doodgery is.
Adj.komm. Eric Clay, die polisiekoördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gister aan Republikein gesê die voorval het Vrydag omstreeks 14:45 in die Aimablaagte-woonbuurt plaasgevind.
Volgens hom het 'n bussie wat personeellede van 'n kettingwinkelgroep vervoer het, die twee vroue getref toe hulle Koichas-weg probeer oorsteek het.
'n 66-jarige vrou is op die toneel dood terwyl die ander voetganger (54) met ernstige beserings na die plaaslike hospitaal gehaas is waar sy later aan haar wonde beswyk het.
Die identiteit van die oorledenes is aan die koerant bekend.
Clay het gesê die ondersoekbeampte kon nog nie gister beslissend bevestig dat alle naasbestaandes van hul dood ingelig is nie. Tot dan word hul name weerhou.
Clay het gesê die polisie ondersoek 'n klag van strafbare manslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie