Totsiens, flambojante, lojale Talla

Namibiese sjef sterf in Ethiopië

14 January 2021 | Mense
Augetto Graig – Die gewilde Namibiese sjef Talamondjila ‘Talla’ Moongo is op Maandag 11 Januarie in Addis Abeba, Ethiopië oorlede. Hy sou vandag (14 Januarie) sy 44ste verjaarsdag gevier het.

Volgens die ministerie van internasionale betrekking en samewerking word ’n nadoodse ondersoek gedoen om die oorsaak van sy heengaan vas te stel.

“Sodra al die betrokke inligting ingesamel is, sal die (Namibiese) missie na Ethiopië help met die insameling van nodige dokumentasie, soos ’n doodsertifikaat, asook met die repatriasie van sy oorskot na Namibië, afhangend van die uitslag van die lykskouing.

“Die Namibiese sending betuig innige meegevoel met die bedroefde familie,” het die ministerie in ’n vrystelling gesê.

Moongo was ’n bekende gesig wat diep spore in die Namibiese kos- en vermaakkringe getrap het. Hy was ’n reeks-entrepreneur wat selfs ’n luukse partytjiebusdiens in die Namibiese hoofstad gebied het. Sy flambojante natuur het van kleins na vore gekom en hy was ’n man sonder grense, sonder beperking op sy prestasies of op sy sosiale aanpassingsvermoë.

Gebore in ballingskap in Zambië in 1977, vanweë sy pa mnr. Fillemon Moongo se politieke aktivisme, het Talla en die huisgesin later vir meer as 15 jaar in Swede grootgeword.

In sy jeug was hy passievol oor kosmaak, graffiti en dans.

Hy het vir ’n bekende hip-hopgroep Kriss Kross gedurende hul toer van Stockholm gedans en saamgewerk met internasionale musikante soos Shabba Ranks en Arrested Development, volgens sy niggie, die jong filmster Neige Moongo.

Talla het in 1992 permanent na Namibië teruggekeer en sy hoërskoolloopbaan by Centaurus in Windhoek voltooi. Ná skool het hy ’n meestersjef geword wat instansies soos La Marmite, Ocean Basket, Nando’s, Pepata, Kalahari Jazz Café, The Kitchen en The Bistro suksesvol help maak het.

Sy avontuurlus en kookkuns het hom ook na buurlande Zambië en Angola geneem en hy het ook as sjef in Malawi, Suid-Afrika en Nigerië gtewerk.

“Hoewel Talla met hartkomplikasies geleef het, het hy altyd ’n glimlag gedra wanneer hy op sy antieke Vespa gery het. Nooit skaam om sy hulp of advies aan enige iemand te verleen nie,” vertel sy niggie.

Volgens mnr. Sean Naude was Talla ’n medestigter van die Namibia Marshall Rangers. “Ek kon hom enige uur bel en hy sou soos ’n ridder op ’n wit perd, op sy raserige skoeter aangejaag kom, reg om met enige situasie te help,” vertel Naude.

Die voormalige diamantkommissaris mnr. Kennedy Hamutenya beskryf hom as ’n professionele swerwer, “wat van werk tot werk beweeg het, op soek na uitnemendheid, of om tot die redding van een kroeg of restaurant ná die ander te kom.

“Dit is geen wonder hy het deur sy beroep selfs in Ethiopië beland nie,” sê hy.

Talle lofbetuigings op sosiale media is dié week deur uiteenlopende Namibiese persoonlikhede soos die toppolisiebeampte me. Victoria Matjila, historikus mnr. Casper Erichsen, mnr. Daniel Tjongarero (president van die Namibiese Motorsportfederasie, NMSF) en musikante Jackson Wahengo en Felix ‘Shikololo’ Johannes geplaas.

Moongo laat sy vrou Balbin en 14-jarige dogter Leticia agter en word oorleef deur sy ma, me. Veronica Shaende, en sewe ouer broers en susters.

[email protected]

Soortgelyk

 

Nege sterftes, 307 nuwe gevalle

12 ure gelede | Gesondheid

Nege nuwe Covid-19-verwante sterftes het die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Maart verlede tot 328 opgestoot. Dit sluit vier in...

Hof sal later sê of Shoprite bevel geminag het

14 ure gelede | Howe

Regter Collins Parker sal op 15 Februarie 2021 uitspraak lewer in die teenaansoek deur die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) teen Shoprite...

Eloïse bring dalk storms

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die tropiese depressie, of dit wat oorgebly het van wat aanvanklik sikloon Eloïse was, kan vanaf môre vir kwaai storms in Namibië...

Swakoppoortdam loop oor

1 dag gelede | Weer

Die Swakoppoortdam, een van die drie damme wat ook vir Windhoek van water voorsien, het gister begin oorloop. Volgens die NamWater se damverslag van gister...

Voorvaderlike eise: Alle grond benut

1 dag gelede |

Mathias Haufiku en Ogone TlhageDaar is tans geen oop grond in Namibië beskikbaar nie aangesien alles benut word. Die Kommissie van Ondersoek na Voorvaderlike Grondregte...

Woestynrivier laat lóóp

1 dag gelede | Weer

Mnr. Joseph Kafunda het Sondag die Kuisebrivier in volle vloed by die Kuiseb-brug op die C14-pad afgeneem. Sy foto’s is op die Facebook-blad, Reën in...

Noorde: Té nat én té droog

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl boere in Namibië se Mieliedriehoek reeds drie weke lank wag dat die reën hulle net ’n paar dae kans moet gee...

Making the art of painting look easy

1 dag gelede | Mense

Enzo AmueleBorn in the early ’90s, the cool and calm Nambowa Malua has been drawing since he was a child and has made art look...

Shoprite steeds in die hof

1 dag gelede | Arbeid

Augetto Graig en Elvira HattinghDie staking by Shoprite is ná meer as ’n maand verby, maar die hofgeveg wat daaruit gespruit het, woed opnuut vanoggend...