Tot 20% moet graad 1 herhaal
Tot 20% moet graad 1 herhaal

Tot 20% moet graad 1 herhaal

In streke met groot landelike gemeenskappe bereik slegs 2% van leerlinge 'n gevorderde vlak van wiskunde.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Tussen 19,8 en 21,8% van ­Namibiese graad 1's moes in die afgelope sewe jaar hul eerste skooljaar herhaal.

Vir graad 5- en graad 8-leerlinge was die herhalingskoers 30%.

Daarmee saam verlaat sowat 30% van graad 10-leerlinge, sowat 7% van graad 9- en 8% van graad 8-leerlinge die skoolbanke.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-­Himarwa, sê voorts plaaslike graad 6-leerlinge se uitslae plaas die land negende uit 13 lande wat prestasie betref.

Dié syfers is vervat in die ­Konsortium vir die Monitering van Onderrig­kwaliteit vir Suidelike en Oostelike Afrika en is by 'n werk­sessie in Windhoek, wat op vroeë kinder­ontwikkeling fokus, deur Hanse-­Himarwa bekend gemaak.

Leesvaardighede het effens ­verbeter, maar in streke met groot landelike gemeenskappe soos die Kavango-, Omaheke-, Ohangwena- en Omusati­streek bereik slegs 2% van leerlinge 'n gevorderde vlak van wiskunde.

Slegs in streke soos Erongo en Hardap bereik meer as 15% van leerlinge dié vlak.

'n Soortgelyke neiging is waar­geneem met graad 10- en graad 12-uitslae waar minder leerlinge D- of laer simbole behaal het.

Volgens 'n omvattende ontleding wat in 2015 deur Unicef gepubliseer is, was 103 768 plaaslike kinders van skoolgaande ouderdom in 2011 nie op skool nie. 'n Verdere 99 200 het die risiko geloop om die skool­banke te verlaat.

Volgens Hanse-Himarwa hou dié ­risiko's verband met 'n gebrek aan ­ondersteuning van ouers, tiener­swangerskappe, afstande wat tussen die huis en die skool afgelê moet word, armoede en werkloosheid, leergebreke en die herhaling van grade, gestremdhede, sowel as 'n gebrek aan water en sanitasie.

Die minister sê voorts met 'n verbeterde grondslagfase van preprimêr tot graad 3, en, soos die nuwe leerplan vereis, met voldoende voeding, stimulasie, sorg en ondersteuning, kan die gehalte van dié fase aansienlik verbeter.

“N$52 miljoen van die fondse in die halfjaarbegrotingsbesnoeiing is eweredig tussen die streke verdeel vir die uitbreiding van toegang tot die preprimêre fase,” het Hanse-­Himarwa gesê.

Sowat N$2 miljoen is ook ­toegeken vir die aankoop van ondersteuningsmateriaal vir onderwysers en ­leerlinge van spesiale skole.

Die minister het gesê baie kinders met gestremdhede word nie vroeg genoeg geïdentifiseer om die nodige vroeë ingrypings te ontvang nie, wat beteken hulle word agtergelaat.

“Kinders sonder geboortesertifikate word steeds toegang tot onderrig geweier, terwyl kinders van arm en kwesbare gemeenskappe met leë mae na sentrums vir vroeë kinderontwikkeling gaan.”

Hanse-Himarwa het gesê die gaping in die ministerie se diensverskaffing met betrekking tot gehalte en toegang moet verklein word.

Toegang tot vroeë onderrig het in 2011-'12 van 17 000 tot meer as 40 000 kinders gestyg, wat onderrig in meer as 1 800 klasgroepe ontvang het.

Hoewel dit nie die helfte is van alle geskikte vyf- tot sesjariges nie, is die ministerie daartoe verbind om dit oor die volgende vyf jaar tot 80% te verhoog.

Die minister het voorts gesê die belegging in vroeë kinderontwikkeling bly onvoldoende en behoort 'n nasionale en wêreldwye prioriteit te wees.

“Vroeë kinderontwikkeling is die sleutel om ten minste sewe van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) vir armoede, honger, ­gesondheid, onderrig, geslag en ­sanitasie, sowel as ongelykhede in alle sektore te bereik.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026