Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder vyf jaar
Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder vyf jaar

Tot 100 mag vergader, geen maskers vir kinders onder vyf jaar

Henriette Lamprecht
*Die aantal persone wat 'n openbare byeenkoms bywoon, verhoog van 50 tot 100 persone per geleentheid of dit binne- of buitemuurs is.
*Organiseerders moet 'n register hou van elkeen wat die geleentheid bywoon.
*Die plasing van sitplekke moet volgens vereistes vir sosiale afstand wees.
*Die aandklokreël bly in plek van 22:00 tot 04:00.
*Dit is nie verpligtend vir kinders van 0 tot 5 jaar om maskers by die skool te dra nie.
*Lisensiehouers mag alkohol Maandae tot Vrydae tot 22:00 verkoop.
*Geen verkope van alkohol word op Sondae en Openbare Vakansiedae toegelaat nie.
*Namibiërs wat in die buiteland studeer, hoef nie met hul aankoms in of vertrek uit die land vir Covid-19-toetse te betaal nie.
*Negatiewe blitstoetse vir inkomende reisigers word by grensposte aanvaar.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer