Tornado's, swaar donderstorms in VSA lei tot sterftes
Tornado's, swaar donderstorms in VSA lei tot sterftes

Tornado's, swaar donderstorms in VSA lei tot sterftes

Altesaam 41 tornado's is waargeneem en bevestig deur die nasionale weerdiens in agt deelstate van Texas tot Pennsilvanië, berig accuweather.com.
Tornado's en slegte weer in die suidelike en oostelike dele van Amerika het gelei tot die dood van nege mense, onder wie drie kinders.

Baie mense is beseer en daar is wydverspreide verwoesting.

Waarskuwings vir tornado's en swaar donderstorms is Maandagoggend uitgereik. Altesaam 41 tornado's is waargeneem en bevestig deur die nasionale weerdiens in agt deelstate van Texas tot Pennsilvanië, berig accuweather.com.

Die boeties Jace (3) en Dilynn (8) Creel is in Pollock, Texas, dood toe 'n boom beland het op die motor waarin hulle en hul ouers was.

Kapt. Alton Lenderman van die polisie daar het gesê die boom het die agterkant van die motor “so plat soos 'n pannekoek” geval. Die ouers voor in die motor is nie beseer nie, berig die BBC.



VERKEERSPROBLEME VEROORSAAK

'n 78-jarige vrou is dood toe 'n boom op haar huis in Stafford, Virginia, geval het. 'n Man van 82 jaar wat in die huis geslaap het, is beseer.

In Monroe County Road is 'n 95-jarige man dood toe 'n boom ook op sy huis geval het.

Verskeie mense, onder wie 'n 13-jarige seun, het verdrink.

In Birmingham, Alabama, is 'n werker doodgery terwyl hy gehelp het om bome te verwyder wat oor die pad geval het.

Die slegte weer het later in die rigting van New York, New Jersey en Pennsilvanië beweeg waar dit ­verkeersprobleme veroorsaak het.

Meer as 100 miljoen mense van die sentrale deel van Amerika tot die Ooskus was in gevaar weens die stormweer.

Byna 2 000 vlugte is gekanselleer of vertraag op meestal die lughawens van Dallas, Charlotte en Chicago, het Fligh­Aware.com volgens Reuters berig.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!