Topsjef bring geur na Namib Quest

13 February 2020 | Sport
Organiseerders van die 2020 Windhoek Light Namib Quest bergfietsresies het aangekondig dat die bekende sjef en restaurant-eienaar David Higgs vanjaar ’n deelnemer sal wees.

Bykomend hiertoe sal Higgs vir die ses dae van die resies tot die koservaring van die ryers bydra.

Die Suid-Afrikaner is ’n bekroonde sjef, skrywer van kookboeke en eienaar van gesogte restaurante in Sandton en Rosebank.

Higgs is ook ’n ywerige fietsryer. Een van sy vorige ervarings was dat hy in 2015 die destydse MTN Qubeka-span na die Tour de France vergesel het om vir die drie weke as hul sjef op te tree.

Oor sy komende avontuur in die Namib Quest sê hy: “My reis met kosmaak het inderdaad in Namibië begin, op ’n visvangnaweek op Swakopmund (vandaar sy boek Mile 8, A Book About Cooking).

“Dit is wonderlik om twee van my passies, vir kos en bergfietsry, te kan kombineer en ’n ervaring vir die ryers te skep. Ons werk daaraan om te verseker dat die wonderlike geaardheid en gasvryheid van die mense van Namibië sal deurskyn.

“Bo en behalwe dit is ek regtig opgewonde oor die geleentheid om deur sulke verruklike landskappe fiets te ry!”

Die Namibië Brouerye (NBL) se senior handelsmerkbestuurder, me. Claudia Opperman, is ewe opgewonde oor Higgs se byvoeging.

“Ons sien baie uit om David as ’n ryer en ’n kosvennoot aan boord te bring. Ons weet hy is ewe passievol oor beide hierdie elemente en sy teenwoordigheid is ’n aanwins vir vanjaar se byeenkoms.

“Tot nou het ons nog net ’n paar plekke oop vir spanne wat wil inskryf, voordat ons die limiet van 80 ryers bereik. Ons het vertroue dat vanjaar se Windhoek Light Namib Quest een van die bestes nóg sal wees.”

• Die Windhoek Light Namib Quest is ’n eksklusiewe skofresies waarin bergfietsryers in Windhoek wegspring en in Swakopmund eindig, wat vanjaar van 24 tot 29 Mei gehou word. Spanne van twee of soloryers kan inskryf.

Die ses skofte bied aan deelnemers ’n unieke reis deur die Namibiese woestynlandskap.

Die eerste dag se afstand van 70.7 kilometer deur die Khomas Hochland bevat vertikale klimdele van ’n veeleisende 1007 meter. Die volgende drie dae is nie noodwendig makliker nie, maar bied aanskoulike natuurskoon – 47.7 km (klim 777 meter), 102 km grondpad (klim 1319 meter) en 86.2 km jeepspore (klim 1354 meter).

Dag vyf is ’n skouspelagtige toer van dolomiet- en grnaietrotsformasies (63 km, klim 584 meter). Die laaste dag is die langste (147 km), maar dit is darem meestal afdraand Swakopmund toe.

Vir inskrywings en meer inligting oor die Namib Quest, besoek www.windhoeklightevents.com/

Soortgelyk

 

Ministerie bemagtig mans én vroue

55 minute gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

11 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

11 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

11 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

11 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

11 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

11 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...