Toetsprogram vir HPV skop af

‘Doeltreffender bestuur en behandeling’

05 September 2019 | Gesondheid
Die eerste nasionale toetsprogram vir die menslike papiloomvirus (HPV) om servikale kanker te voorkom, skop Maandag landswyd af.

Die loodsprojek van die Kankervereniging van Namibië (CAN) word in vennootskap met Roche, Maxi Labs en Biodynamics van stapel gestuur.

Deel van die projek is die aanvanklike gratis toetsing van 500 vroue vir HPV.

Bykomend tot die skenking van Roche is ‘n verdere 200 toetsstelle deur die Duitse Stigting vir Kankernavorsing (DKFZ) geskenk.

HPV is die hoofoorsaak van servikale kanker.

Volgens mnr. Rolf Hansen, CAN se uitvoerende hoof, sal die mobilisering van die HPV-toetse die weg vir voorkomende molekulêre toetse vir servikale kanker baan.

HPV is ‘n seksueel oordraagbare virale infeksie wat in die meeste gevalle vanself opklaar.

Met herhaaldelike infektering, bykomende infektering van MIV of in gevalle waar die vrou se immuunstelsel nie meer die hoë risiko- virale stam kan beveg nie, kan MPV tot die ontwikkeling van ‘n kankeragtige letsel in die serviks of baarmoedermond lei.

Volgens Hansen kan molekulêre diagnostiese HPV-toetse toetsing vir servikale kanker aanvul wanneer dit in samewerking met die tradisionele papsmeer gebruik word. Dit verseker ‘n enkele, meer omvattende en deeglike ondersoek.

“Vroue wat HPV- en MIV-positief is se risiko is hoër om servikale kanker te ontwikkel. Hoewel jaarlikse papsmere help om abnormale selle deur middel van DNA-toetse op te spoor, kan die moontlike pasiënt in die meeste gevalle doeltreffender bestuur en behandel word – selfs voor kanker ontwikkel,” sê hy.

Volgens Hansen is die algemene tydlyn vanaf HPV-infektering tot moontlike servikale kanker sowat 10 jaar.

“Gehaltetoetsing en die bestuur van HPV beteken ons kan meer lewens meer kostedoeltreffend en met minder moeite en indringende prosedures red. Dít terwyl die las op ons nasionale gesondheidstelsel verlig word,” sê hy.

Sou ‘n pasiënt beide HPV- en MIV-negatief bly, val die tradisionele papsmeer weg en is toetsing met tussenposes van vyf tot 10 jaar volgens Hansen van toepassing.

Tans kos toetsing vir servikale kanker deur middel van ‘n papsmeer of HPV-toetsing sowat N$1 200.

CAN het danksy suksesvolle onderhandelings ‘n markprys vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste beding wat HPV-toetsstelle landswyd beskikbaar maak.

HPV-toetsstelle sal as deel van die nasionale kankeruitreikprogram beskikbaar gestel word.

Vroue ouer as 35 jaar en veral vroue wat MIV-positief is, kan me. Martha Angolo van CAN by (061) 237740 of by [email protected] vir meer inligting kontak.

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

58 minute gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

2 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...