Toerusting vir mediese pakhuise
Die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid) het pakhuistoerusting ter waarde van N$500 000 aan die mediese pakhuise op Oshakati en Rundu oorhandig.
Elke pakhuis het onder meer semi-elektroniese stapelmasjiene, mobiele platforms vir swaar vragte asook veiligheidstoerusting ontvang.
Die items is deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) gefinansier deur Usaid se wêreld- verskaffingsketting en -bestuursprogram wat deur Chemonics International geïmplementeer word.
Die nuwe toerusting sal help met die doeltreffende berging- en verpreidingsbestuur van antiretrovirale medikasie, kondome, terapeutiese kos en ander medikasie.
Volgens Usaid se verteenwoordiger in Namibië, dr. Randy Kolstad, dien die pakhuis ook as landswye sentrum vir ondersteunende en terapeutiese kos – veral in tye van droogte.
Hy het verseker Amerika is toegewy daaraan om Namibië in sy stryd teen die MIV-pandemie te ondersteun.
“Ek is oortuig daarvan Namibië sal eersdaags een van die eerste Afrikalande wees om in epidemiebeheer te slaag,” sê hy.
Die pakhuis op Oshakati bedien meer as 80 openbare gesondheidsgeriewe in die Oshana-, Ohangwena-, Oshikoto- en Omusatistreek van verkruikersgoedere en medikasie.
Dié streke is die tuiste van byna ‘n 100 000 mense met MIV en van sowat 15% van die land se pasiënte wat antiretrovirale medikasie ontvang.
Die pakhuis op Rundu bedien die Kavango-Oos- en Wesstreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie