Toeriste vat kanse in parke
Francoise Steynberg
Die ministerie van die omgewing en toerisme waarsku toeriste om nie in nasionale parke uit hul voertuie te klim nie.
Oortreders moet nou hul hande dieper in hul sakke steek om 'n verhoogde boete van N$960 te betaal.
Die boete in die Etosha Nasionale Park was voorheen N$40 vir oortreders wat buite hul voertuie gevind word, of meer as hul koppe uitsteek.
Verskeie foto's is op sosiale media geplaas waar toeriste in die Etosha Nasionale Park uit hul voertuie klim.
Daar is selfs 'n foto van 'n vrou wat op 'n aanwysingsbord sit waarop duidelik staan: “Stay in your car.”
Mnr. Pierre du Preez, hoof van die Etosha Nasionale Park, is bewus van dié foto's en vra die publiek om sulke voorvalle by die kantoor van die natuurbewaarder van die spesifieke gebied te rapporteer.
“Etosha is 2,1 miljoen hektaar groot en die vinnigste optrede is moontlik as dit by die natuurbewaarder van die spesifieke gebied gerapporteer word. Verskaf asseblief ook 'n duidelike beskrywing van die voertuie, en registrasiemerke en goeie foto's sal help,” het Du Preez gesê.
“Hierdie toeriste maak dit ook onsmaaklik vir ander toeriste in die park en boonop stel hulle hul lewe in gevaar.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie