'Toerisme is enjin vir ekonomiese groei'

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Namibiese toerisme­sektor is die enigste sektor wat tydens die ekonomiese onrus groei getoon het, terwyl ander sektore ingekrimp het.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gisteraand tydens die amptelike opening van die 20ste Namibië Toerisme Ekspo (NTE) by die Windhoekse skouterrein gesê toerisme is vandag die mees mededingende bedryf wêreldwyd.

“Vanjaar het ons voorwaar gesien toerisme is 'n enjin vir ekonomiese groei.”

Ondanks die realiteit, sê Shifeta, word toerisme onderskat en nie as ekonomiese dryfveer in Namibië erken nie. Hy sê dit word in die begrotingstoekenning vir die ministerie van die omgewing en toerisme weer­spieël, asook in die uitdagings wat toerisme in die gesig staar.

“Toerisme dra N$5,2 miljard tot die bruto binnelandse produk (BBP) by en die indirekte bydrae is N$15,1 miljard. Die toerisme­bedryf het 44 700 direkte en 100 720 indirekte werksgeleent­hede geskep.”

Oor vanjaar se tema van die NTE, “Conservation - Small things matter”, het die minister gesê vir Namibiërs maak die wild, mense, landskappe en kulture - groot en klein - saak.

“Die suksesverhaal en grond­beginsel van die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur-program (CBNRM) is dat mense voordeel uit bewaring trek. Dit het gelei tot 'n ontploffing van bewaring. Namibië het bewaring na die hoogste vlak geneem waar gemeenskappe en wild bevoordeel word.”

Dit het egter uitdagings meegebring: “Die verhoging van die bevolkingsgetalle van wild én mense het tot ernstige mens-dier-konflik gelei.”

Shifeta sê die landelike gemeen­skappe dra die koste om saam met wild te leef.

'Almal se besigheid'

“Die goeie sakevertoning in die toerismesektor word waardeer, maar ek sal graag meer beleggings in maatskaplike verantwoordelikheid wil sien. Die ministerie word oorval deur klagtes van sommige gemeenskappe dat hulle onregverdig deur lodge- en toeroperateurs behandel word, veral diegene wat in die bewaringsgebiede werk.”

Die minister doen 'n beroep op alle besighede in die toerismesektor om meer maatskaplike verantwoordelikheid aan die dag te lê deur diegene te ondersteun wat hulle gehelp het om hul besighede te help groei. “Die uitdagings wat die toerismesektor in die gesig gestaar, kan nie alleen deur die ministerie getakel word nie. Die regering is oor die afgelope vyf jaar besig met kritieke heroorweging van sy benadering tot toerisme en die uitdagings, hindernisse en ander kwessies moet geïdentifiseer en getakel word.” Shifeta herinner almal aan “toerisme is almal se besigheid”.



'Local is lekker'

“Local is lekker en dié week kom die wêreld en Namibië in Windhoek byeen,” het die burgemeester van die hoofstad, mnr. Muesee Kazapua, gesê. “Toerisme moet egter in Afrika bevorder word.

Die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad (NTB), mnr. Digu //Naobeb, het bevestig dat Air Namibia se eerste vlug van die direkte roete na Lagos en Accra reeds volbespreek is.

Volgens die uitvoerende hoof van die FNB-groep, mnr. Sarel van der Walt, reis meer reisigers tans na ontwikkelende lande as ontwikkelde lande, “maar groei in toerisme is nie genoeg nie, daar moet ook voortdurende beplanning gedoen word”.

Die uitvoerende hoof van Old Mutual Namibia, mnr. Kosmas Negumbo, sê daar is geen twyfel Namibië is 'n uitstekende bestemming in 'n hoogs mededingende wêreld nie. “Ons moet onsself voortdurend afvra: Wat kan ons beter doen?”

FNB Namibia en Old Mutual Namibia is die hoofborge van die NTE.

WENNERS VAN RTA 2018

Die Verantwoordelike Toerisme-­toekenning (RTA) 2018 is ook gister­aand aangewys. In die akkommodasie-kategorie het Gondwana Namib Desert Lodge met die louere weggestap, met Wilderness Safaris Damaraland Camp en Grootberg Lodge as die naaswenners. In die kategorie vir toeroperateurs het Ultimate Safaris gewen, gevolg deur Wild Dog Safaris en Abenteuer Afrika Safari .

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026