Toerisme in Kaapstad skep werk vir 50 000 mense
Toerisme in Kaapstad skep werk vir 50 000 mense

Toerisme in Kaapstad skep werk vir 50 000 mense

Marelize Barnard



Werksverliese in die toerismebedryf is onafwendbaar met hotelle en ander toerismeverblyfplekke wat hul deure tydelik sluit.

Kaapstad-toerisme het by navraag gesê die toerismebedryf bied aan 50 000 mense werksgeleenthede.

Nog voordat pres. Cyril Ramaphosa die aankondiging oor die 21 dae lang staat van inperking gemaak het, is die grootskaalse uitwerking van Covid-19 op werksgeleenthede reeds bespreek. Met die jongste verwikkeling gaan die invloed vererger.

“Dit is moeilik en pynlik vir die toerismebedryf, maar ons verstaan dat die regering se besluite noodsaaklik is,” sê Kaapstad-toerisme.

Groot hotelgroepe soos onder meer Tsogo Sun het reeds hotelle tydelik gesluit en daar kan verwag word dat al hoe meer hotelle dit gaan doen, volgens Kaapstad-toerisme.

Tsogo Sun het aangekondig dat al hul hotelle teen Donderdag gesluit sal wees. Dit sal ná die 21 dae weer heropen, sou die regering se regulasies nie intussen verander nie.

Volgens Tsogo Sun kan hotelle kort vooraf oopgestel word indien die vraag na hotelverblyf weer begin toeneem. Die hotelgroep se besprekingsgeriewe bly oop.

Die groep is deur die regering en die privaat gesondheidsektor genader om te help met die voorsiening van kwarantyngeriewe indien nodig, en die moontlikheid word oorweeg.

Intussen het Sun International gesê dié hotelgroep ondersteun die 21 dae van inperking en hul hotelle en oorde sal vanaf Woensdag tot 17 April gesluit wees.

Ook die City Lodge-hotelgroep het gesê voordat die staat van inperking afgekondig is, het hulle reeds besluit om 24 van die groep se 62 hotelle se deure tydelik te sluit. Nou sal verdere tydelike sluitings volg.

Die sluitings hang af van die moontlikheid of hotelle deur die regering gevra gaan word om dienste te lewer, soos die verskaffing van verblyf aan personeel asook geriewe waar pasiënte onder kwarantyn geplaas kan word.

City Lodge het gesê hotelle kan kort vooraf heropen word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!