Toerisme: 5 000 werksgeleenthede verlore
Toerisme: 5 000 werksgeleenthede verlore

Toerisme: 5 000 werksgeleenthede verlore

Henriette Lamprecht
Ellanie Smit – Byna 5 000 werksgeleenthede is reeds weens die impak van die Covid-19-pandemie in die reis-, toerisme-, gasvryheid- en spysenieringsbedryf verlore.

“Dit kan net die oortjies van die seekoei wees. Dié syfers kan hoër wees as ons die indirekte sektore insluit wat ondersteun word of voordeel trek uit die waarde van die reis- en toerismewaardeketting,” sê die adjunkminister van die omgewing, bosbou en toerisme, me. Heather Sibungo.

Sibungo was aan die woord tydens konsultasies met rolspelers in reis en toerisme wat in die Khomasstreek gehou is oor die beraamde N$500 miljoen-herstelplan vir toerisme.

Die beraamde begroting van die konsepplan vir "Herstel in Toerisme: 2022 tot 2024" is N$520,5 miljoen vir die vyf strategiese ingrypings en 14 planne wat ten doel het om Namibië se toerismebedryf weer op koers te kry.

Deel van die ingrypings is om internasionale toerismevertroue te herstel, finansiële ondersteuning aan besighede in die sektor te bied, ’n sterk Namibiese handelsmerk met die hulp van verskeie advertensieplatforms te bou, samewerking met sleutelrolspelers in die bedryf te skep en beleggingsgeleenthede in die bedryf te bevorder en te digitaliseer.

Die direkteur van toerisme in die ministerie, mnr. Sebulon Chicalu, het die strategiese ingrypings in besonderhede verduidelik en gesê die herstelplan is noodsaaklik om die ekonomie en lewensbestaan te balanseer.

Chicalu sê die ingrypings sal gelyktydig geïmplementeer word en met die uitwerking van die staak- en hervatsiklusse in gedagte. Dit is omdat die bedryf ten minste in die kort- en mediumtermyn soos wat die virus ontwikkel, rekening moet hou met die uitwerking van moontlik nuwe variante en Covid-golwe.

“Beleidsmakers en alle rolspelers moet vinnig en kreatief optree om die onmiddellike toekoms van die toerismebedryf te beskerm.”

Chicalu sê die konsultasie met die bedryf is om ’n dokument saam te stel vir die bestuur en toerismeministerie se insae voordat dit in die kabinet ter tafel gelê word. Konsultasies het in al die streke buiten Otjozondjupa plaasgevind.

Hy het beklemtoon Namibië se toerismebedryf en sy sakemodel is baie afhanklik daarvan om besoekers en toeriste te lok.

“Die beperkte beweging en sluiting van grense weens Covid-19 het die land se toerismebedryf en ekonomie negatief geraak. As ’n bedryf wat om mense wentel, is toerisme een van die ekonomiese sektore wat die swaarste getref is.”

Chicalu sê die impak van Covid-19 op die bedryf het gelei tot ’n afname van 89,4% in die aankoms van toeriste vanaf 2019 tot 2020. Die bedryf het tot stilstand gekom en net ’n geringe herstel in Julie verlede jaar getoon.

Tydens 2020 was daar ’n afname van meer as 80% in die besettingsyfers van hotelle en ander korttermyn verblyfplekke.

“Meer as ’n 1 000 maatskappye het vir finansiële ondersteuning aansoek gedoen. Toerismemaatskappye het ook die salarisse van werknemers verminder, werknemers afgedank en uiteindelik as ’n laaste uitweg hul maatskappye laat likwideer.”

Volgens hom het meer as ’n 100 toerismebesighede tydelik of permanent hul deure gesluit.

Chicalu sê na raming kon meer as ’n 1 000 direkte werksgeleenthede in 2021 in die bedryf verlore wees. Dit kan self meer wees wanneer indirekte werksgeleenthede in ag geneem word. Mikro-, klein- en mediumsakeondernemings is ook negatief geraak.

Chicalu sê die krisis in die bedryf skep ook geleenthede om te herrangskik, herbou en te herlaai vir ’n meer suksesvolle en volhoubare toekoms gegrond op geteikende ingrypings.

Volgens hom is die beraamde syfer ten opsgte van aankoms van toeriste vir 2021 gegrond op die Elektroniese Grensbestuurstelsel. Dit dui op ’n 37,8%-styging tot 233 692 vergeleke die 169 565 in 2020.

“Die bedryf moet veerkragtig wees. Ons stel voor drie segmente, naamlik regerings, rolspelers in markte en plaaslike gemeenskappe moet hul sake in orde kry om tot die bedryf se veerkragtigheid by te dra.”

Sibungo sê toerisme en sy verwante bedrywe moet met nuwe inisiatiewe, produkte, maatreëls en veldtogte vorendag kom om die herstelproses te ondersteun.

’n Voorbeeld is plaaslike toerisme wat help om die impak van die pandemie op werksgeleenthede en besighede by sommige bestemmings in die land, beter te bestuur.

“Die land het egter die intra-Afrika en internasionale toerismemarkte nodig om terug te keer na die winste van die bedryf in 2019, en dit te verbeter.” [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%