Toegang tot Inligting-wetsontwerp dien Dinsdag in NV
Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, sê hy sal Dinsdag die lang verwagte Toegang tot Inligting-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel lê.
Daarnaas het Mushelenga vanoggend by die Covid-19-kommunikasiesentrum (CCC) in Windhoek gesê dié ruimte gaan ’n permanente instelling word waar die regering inligting met Namibiërs sal deel.
Intussen het dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, vanoggend by die CCC gesê die Namibiese Instituut van Patologie (NIP) het gister 216 Covid-19-toetse gedoen.
Shangula sê dit was die meeste aantal toetse in een dag tot dusver.
Hy sê al dié uitslae is negatief.
[email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie