Titelkandidate bly op koers

Walter Kautondokwa en ­Jeremiah Nakathila was twee van die sterre van die aand.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die middelgewig Walter Kautondokwa het sy Afrika-titel van die Wêreldboksorganisasie (WBO) suksesvol verdedig toe hy die hoofgeveg van die Legacy Fight bonanza Dinsdagaand ter viering van die land se onafhankheid met 'n uitklophou in die vyfde ronde beëindig het.

Met sy skoon rekord nou op 17 gevegte waarvan hy die laaste 16 met uitklophoue gewen het, bly Kautondokwa op koers om vanjaar 'n kans op 'n wêreldtitelgeveg af te dwing.

Op papier was Billy Godoy van Argentinië beslis sy mees ervare uitdager nóg – en as huidige Latyns-Amerikaanse titelhouer gewis 'n bedreiging wat nie onderskat kon word nie.

Die werklikheid is dat die Suid-Amerikaner wel met die verdediging aspekte uitgewys het waarop Namibië se Executioner sal moet verbeter as hy met vertroue die wêreld se bestes in die 72.57 kg gewigsklas wil uitdaag.

Godoy se flinke bewegings van sy kop en bolyf, of vasgrypery, het grootliks verhinder dat Kautondokwa die skoon houe kon plant wat soveel van sy gevegte vroeg beëindig het.

Dit was egter vanuit die staanspoor duidelik dat die langer Namibiese vegter die enigste een met dinamiet in sy vuiste is. Geen van die Argentyn se houe kon sy opmars vorentoe laat weifel nie en dit was net 'n kwessie van tyd voordat Kautondokwa hom sou vaskeer en skade aanrig.

Die einde het in die vyfde ronde aangebreek toe Kautondokwa met 'n linkerhaakhou teen die kakebeen getref het, wat die Argentyn op sy sitvlak in een van die krythoeke laat beland het.

Godoy was op sy voete voordat skeidsregter Deon Dwarte tot tien kon tel, maar die Suid-Afrikaner het beslis dat Godoy nie gereed was om meer straf te verduur nie en Kautondokwa kon sy feesvieringe begin deur in dankbaarheid op sy knieë neer te sak en sy oë lugwaarts te rig.

Die Argentynse kamp het geprotesteer dat dié besluit heeltemal voortydig was en hoewel hul man beslis geen ronde gewen het nie, het hulle waarskynlik 'n punt beet gehad dat hy fiks kon wees om voort te gaan. Dit is moontlik dat die taalverskil (Godoy praat geen Engels nie, net Spaans) die rede was hoekom hy nie sy bokshandskoene kon oplig toe die skeidsregter hom so beveel het nie.

Agterna het Kautondokwa gesê hy het 'n taai en uitgeslape opponent gehad, maar dat hy steeds vorentoe bly kyk om binnekort 'n wêreldtitelgeveg te kan vasknoop.



UIT DIE KRYT GESLAAN

Gewis die mees opspraakwekkende einde van die aand was in die hoofvoorgeveg.

Jeremiah Nakathila het Patrick Okine van Ghana in die vierde ronde teen die kryttoue gehad en die volgende oomblik het die besoekende bokser skoon uit die kryt geval. Hy het sy agterkop hard teen die vloer gekap en gebloei, maar het nietemin steierend op sy voete gekom.

Wanneer 'n bokser deur die toue uit die kryt geslaan word of val, moet hy voor die skeidsregter se telling tot twintig terug wees om die beslissing te verhinder dat hy uitgeslaan is.

Toe skeidsregter Leslie Gross 19 bereik, was Okine terug in die kryt, maar op die skeidsregter se direkte vraag of hy wil voortgaan, kon hy net met “I don't know” antwoord. Die geveg is dus stopgesit en as 'n tegniese uitklophou aan die Namibiese vegter toegeken.

Nakathila het uitstekend vertoon teen 'n veglustige opponent – wat saam met sy hoekhelpers voor die begin van die geveg met hul duime oor hul kele beduie het wat vir die Namibiër voorlê.

Nakathila het egter met sy steekhoue en kombinasies ten volle beheer oor die afstand verkry en Okine met sy slaankrag teruggedwing.

Die oormaat petroleumjellie wat reeds ná die eerste ronde aan die Ghana-vegter se gesig gesmeer is, asook sy knaende onnodige vasgrypery, het egter daarop gedui dat hy van sy verloorstryd bewus was.

Nakathila (15 gewen, een verloor) se enigste puntenederlaag was toe hy Evgeny Chuprakof in 2016 onsuksesvol in Moskou vir 'n interkontitnentale WBO-titel uitgedaag het.

Op grond van Dinsdagaand se vertoning is hy ook terug as een van Namibië se werklike titelkandidate.



ANDER UITSLAE

Die onoorwonne weltergewig Mikka Shonena het sy WBO Afrika-gordel behou toe hy Said Yazidu in die tweede ronde platgeslaan het en die 46-jarige Tanzaniër met 'n klaar­blyklike beseerde regtervoet nie kon voortgaan nie.

Dié tegniese uitklophou was teleurstellend onkompeterend vir die skare se smaak. Yazidu (36 gewen, 13 verloor sedert sy debuut in 1990) was egter 'n plaasvervanger sowat 'n maand gelede, toe sy veel jonger en beter landgenoot Iddi Pialari (24-3) onbeskikbaar geraak het.

• Harry Simon Junior (liggewig) was vir die vyfde keer in vyf gevegte aan die wenkant, toe hy die wenlose Gerson Veata van Malawi in die derde ronde met 'n tegniese uitklophou verslaan het.

• Max Ipinge, junior middelgewig, het Limbani Powder van Malawi met punte oor vier ronde geklop.

• Die veergewig Timoteus (Remember) Shuulula het Tinkani Kamanga van Malawi vroeg in die derde ronde uitgeslaan.

• Die middelgewig Paulinus Paulus het onoorwonne gebly deur die baie middelmatige Misanjo Charles van Malawi in die eerste ronde uit te slaan.

• Hedison Nghipondoka het sy junior middelgewig-geveg met punte teen Theo-Ben Kativa gewen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.03 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.93/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.56/lb UP +1.01% | Zinc US$ 2 899.90/T UP 1.6% | Brent Crude Oil US$ 89.03/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 913.76/OZ DOWN -0.0023