Tischlerei Strödike brand af
In die vroeë oggendure van Saterdag het die Tischlerei Strödike in die nywerheidsbuurt Prosperita afgebrand. Mnr. Jens Strödike het tien jaar gelede die skrynwerkbesigheid begin en van die grond af opgebou.
“Ek kan dit nie glo nie. Ek het die besigheid met my sweet en bloed opgebou en nou kan ek Maandag nie werk toe gaan nie, want daar is niks van my werk oor nie. Ek het die besigheid nie van my pa of oupa geërf nie; ek het dit self opgebou,” het Strödike gesê.
Ewe hartseer is die groot hoeveelheid meubels wat deur die vuur beskadig is. “Die meubels is in Desember beskadig in ’n huis wat afgebrand het. Die eienaars het die meubels na my toe gebring sodat ek hulle kan herstel. Vir die afgelope maande het ek die herstelwerk gedoen en Vrydag het ek die eienaars gebel en gesê hulle kan hul meubels kom inspekteer en goedkeur. Vrydag is alle meubels deur die eienaars afgeteken en dit sou Maandag afgelaai word. Kyk hoe lyk hulle nou.”
Die oorsaak van die brand – volgens die aanvanklike vermoede dalk ’n kortsluiting – word nog ondersoek.
Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie