Tieners van dwarsoor die wêreld kom speel hier

Topspelers van bykans 30 lande speel vir die volgende twee weke hul beste houe hier...

29 April 2016 | Sport
Die Namibiese Tennisvereniging (NTA) bied vanaf vandag tot 14 Mei sy twee jaarlikse o.18 internasionale puntetoernooie aan wat deur die Internasionale Tennisfederasie (ITF) onderskryf word.
In beide toernooie met ’n ware internasionale geur, sal spelers van Angola, Australië, België, Botswana, Brittanje, Burundi, Duitsland, Engeland, Indië, Kroasië, Lesotho, Mauritius, Namibië, Nederland, Pole, Portugal, Rusland, Rwanda, Serwië, Singapoer, Spanje, Suid-Afrika, Swede, Tanzanië, die VSA en Zimbabwe die geleentheid kry om wêreldranglyspunte in te samel.
Elke toernooi begin met twee groepe spelers. Een deel is die gekeurde spelers wat nie te hoef te kwalifiseer om aan die hoofkompetisie deel te neem nie. Die ander groep is individuele inskrywings wat in die eerste tweede dae kans kry om vir die hoofkompetisie te kwalifiseer.
Die eerste toernooi wat as die Bank Windhoek ITF South Central Circuit bekend staan, sal Saterdag om 08:30 by die Sentraal tennisklub in Olympia met kwalifiserende rondes afslaan waar 32 seuns en 16 meisies tot die Sondag kans kry om tot die hoofkompetisie deur te dring. Net die vier beste meisies en seuns wat in die semifinale kompeteer, sal deurdring.
Komende Maandag om 08:30 is dit tyd vir 48 seuns om met hul uitspeelrondtes by dieselfde venue in die hooftoernooi te begin terwyl 32 meisies by SKW sake gaan uitspook. Die vier meisies en seuns wat in die kwalifiserende rondte deurgedring het, is deel van die groep.
Die kwarteindrondte, semifinale en eindstryde sal by die Sentraal-bane gespeel word en die finale lê op Saterdag 7 Mei om 09:00 voor.
Die o.18 Bank Windhoek NTA-toernooi is die tweede kompetisie en begin ook op Saterdag 7 Mei by Sentraal waar ’n kwalifiserende rondte oor twee dae gespeel word. Die hoofkompetisie begin op Maandag 9 Mei in die opbou na die finale vir beide meisies en seuns op Saterdag 14 Mei vanaf 09:00. Dieselfde groep spelers wat in die eerste toernooi in aksie was, sal ook hier die raket swaai.
Namibië sal deur twee meisies en ses seuns by die twee toernooie verteenwoordig word. Jessica Riedel en Taimi Nashiku is die twee meisies, terwyl Archie Norval, Dantago Gawanab, Kudzai Toto, Paul Schwieger, Tevin Tait en Yed Malan die plaaslike landsvlag gaan laat wapper.
Johan Theron (Namibië) is die direkteur van die toernooi en Pieter Hoeksema is die toernooiskeidsregter.
Die Namibiese Tennisvereniging bedank Bank Windhoek vir sy borgskap van N$30 000 wat dié skouspel moontlik.
“Daar gaan uitstekende spel gelewer word en ons nooi die publiek hartlik uit na hierdie topklas kompetisie,” het Theron gesê.

Soortgelyk

 

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

3 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

3 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

3 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

3 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

3 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Die weer Vrydag 21 Januarie 2022

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordooste met ’n paar buie in die Kavango, Otjozondjupa se ooste en die Omahekestreek; andersins gedeeltelik bewolk...

Hardap loop gou vol

3 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié Suidedam se sluise sou getrek moes word....

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

10 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

12 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...