Tienermeisie vermoor glo eks-ku00earel se baba
Tienermeisie vermoor glo eks-ku00earel se baba

Tienermeisie vermoor glo eks-kêrel se baba

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Tienermeisie (16) sal moontlik vanmiddag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn nadat sy daarvan beskuldig word dat sy Dinsdag haar voormalige kêrel se babadogtertjie (een jaar en vyf maande ou) vermoor het.

Die beskuldigde het na bewering die baba twee keer in die maag met 'n mes gesteek en die polisie vermoed die motief is jaloesie.

Die voorval het Dinsdag tussen 15:00 en 16:00 in die Ileni- informele nedersetting in Tseiblaagte op Keetmanshoop plaasgevind toe die ma van die baba gou na die bure gegaan het om iets te gaan haal.

Die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke van in die //Kharasstreek, adj.komm. Chrispin Mubebo, het aan Republikein gesê die ondersoek duur voort.

“Sy sal vandag aangekla word en vermoedelik vanmiddag in die hof verskyn.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A