Tiener-senter nie waagstuk, sê Cheika
WB-rugby
Michael Cheika, die Wallabies se afrigter, sê daar is by hom geen twyfel nie dat sy tiener-buitesenter, Jordan Petaia, die mas sal opkom in môre se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Engeland in Oita.
Petaia (19), wat sy toetsbuiging in die groepwedstryd teen Uruguay gemaak het, vervang vir James O’Connor as Samu Kerevi se sentermaat. Engeland se kaarte in die middelveld is ook geskommel, met Henry Slade wat vir Owen Farrell as Manu Tuilagi se sentermaat vervang. Farrell sluif losskakel toe in die plek van George Ford.
“Ons het hom nie spesifiek vir hierdie wedstryd as buitesenter geoormerk nie,” het Cheika gister aan verslaggewers oor Petaia gesê.
“Ons het eenvoudig elke speler se vertonings in wedstryde in berekening gebring en daarvolgens gekies. Ons het gevoel hierdie wedstryd sal hom pas. Ek het volle vertroue in hom en dis waarom hy gekies is.”
Reece Hodge, wat ’n skorsing van drie wedstryde uitgedien het ná sy gevaarlike duikslag teen Fidji, sal as regtervleuel opdraf. Sy vermoë om die bal ver te sool, kan ’n kritieke faktor wees in ’n wedstryd waar daar min is om tussen die spanne te kies.
Will Genia en Christian Lealiifano is die skakelpaar, wat beteken dat Cheika nou sy vyfde verskillende skakelpaar-kombinasie in vyf wedstryde gekies het.
“Ons is gelukkig met die goeie spelers wat ons in daardie posisies het. Daar’s min tussen hulle te kies en ek sou ongeag wie ek gekies het, niks prysgegee het nie,” sê Cheika.
Die losvoorspeler-kombinasie is onveranderd met twee baljagterflanke in Michael Hooper en David Pocock. Isi Naisarani is die agtsteman.
Dis ’n kombinasie wat dalk vir Australië ’n tekort aan lynstaanopsies kan gee, maar daar is twee slotte in Adam Coleman en Lukhan Salakaia-Loto onder die vyf voorspelers op die reserwebank. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie