Tien sterftes in een familie binne 'n week
Tien sterftes in een familie binne 'n week

Tien sterftes in een familie binne 'n week

''n Massabegrafnis vir die slagoffers van ’n gasbottel-ontploffing twee weke gelede word Saterdag op die plaas gehou waar die tragedie plaasgevind het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die eienaar van die huis waar ’n gasbottel ontplof en 10 lewens geëis het, sê van die oorlewendes wat in hospitale in Windhoek aansterk, is by hul bewussyn.

Die 43-jarige Henry Kock is in die voorval lig beseer en sterk sedert die tragedie twee weke gelede tuis aan. Volgens De Kock was hy die Vrydagaand besig om die tuin buite die huis op die plaas /Garib nat te lei, toe iemand uit die huis skree: “Iets het ontplof”. Familielede was besig om televisie in die woonvertrek te kyk. Volgens Kock het hy ingestorm, die gasbottel gegryp en na buite gestorm om dit “ver weg van die huis te gooi”. Hy het dit onbewustelik op ’n brandende kool gegooi wat ’n vuur veroorsaak het. Volgens hom het hy net gaan sit, toe vlamme skielik uitbars. Hy kon daarin slaag om ’n kombers oor van die kinders te gooi.

Die ontploffing het reeds die lewens van nege kinders en ’n volwassene geëis, met vier kinders uit een gesin wat gesterf het. Die vier kinders se ouers is steeds in die intensiewesorgeenhede van hospitale in Windhoek. Die ouers is nog nie van die dood van hul kinders ingelig nie, omdat hul toestand nog nie stabiel genoeg is om die skok te verwerk nie.

Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het tydens ’n mediakonferensie in Windhoek haar simpatie met die familielede van slagoffers betuig.

“Julle lyding is geweldig en ons besef die trauma wat dit in jul families veroorsaak het. Ons hoop en bid dat die oorblywende familielede wat in die hospitaal is, sal herstel.”

Die kinders wat aan hul beserings beswyk het, is Aliandro !Nau/gawaseb (6), Henricho Plaatjies (11), Bores Geibeb (11), Anna Geibes (5), Analien Geibes (12), Annazet Geibes (6), Bradley Jagger (11), Nicoleen Geibes (10) en baba van me. Anna Geibes wat tydens die ontploffing ses maande swanger was. Die tragedie het ook die lewe van me. Veronica Plaaitjies (36) geëis.

Me. Anna Geibes (30), mnr. Eric Jooste (34), Hernandes Plaaitjies (3) en Jujina !Nau/gawases (13) sterk in die intensiewesorgeenhede van die hospitale aan.

Die 13-jarige Anastasia Geibes word nog in die hospitaal versorg.

Volgens McLeod-Katjirua koördineer haar kantoor hulp en ondersteuning vir die geraakte families met verskeie regeringsagentskappe. Die Khomasstreekraad se ondersteuning sluit onder meer N$10 000 en logistieke ondersteuning in. Die streekraadslid vir die Windhoek landelike kiesafdeling, me. Penina Iita, het sedert die voorval familielede in die hospitaal ondersteun, terwyl sy ook help met die verkryging van nasionale dokumente wat vir die begrafnis nodig is. Op hul beurt het die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn die maatskaplike voorsorgkommissie (SSC) genader om die koste van die tien slagoffers se begrafnis te dek. Die ministerie het voorts ’n span maatskaplike werkers vir berading beskikbaar gestel. Die Evangeliese Lutherse Kerk in die Republiek van Namibië (ELCRN) staan die geraakte families met onder meer berading en gebed by. ELCRN het ook ’n spesiale trustrekening by Nampost geopen om die familie by te staan. Die rekeningbesonderhede is Witbeen Family Funds, Smartcardnr. 343 743 633.

Môre word ’n spesiale biduur om 19:00 by die familiewoning in Soweto, Katutura, erf 2977 in Dekapolisstraat gehou. ’n Roudiens word Woensdag om 18:00 by die Tanidare-gemeente van ELCRN in Soweto, Katutura gehou. Die konvooi met die oorskot van die slagoffers vertrek Vrydag om 17:00 vanaf die familiewoning in Soweto, Katutura na die plaas /Garib vir die begrafnisdiens en teraardebestelling wat Saterdag om 08:00 op die plaas en by die plaaslike begraafplaas sal plaasvind. Die diens sal gelei word deur pastoor Paul Hatani Kisting. Navrae kan gerig word aan raadslid Iita (081 227 9619), mnr. Uhuru Dempers (081 252 5095), me. Magreth Mutiwali en me. Pauline Soroses (081 295 1391).

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.25/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.36% | Zinc US$ 2 859.00/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 89.01/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 910.64/OZ DOWN -0.0057