Tien jaar se tenders onder die loep
Die bedryf kan net homself blameer dat so min maatskappye aan die streng tendervereistes voldoen, sê die adjunkminister.
Ronelle Rademeyer
Die ministerie van werke en vervoer is besig met 'n oudit van al die konstruksietenders wat die afgelope 10 jaar toegeken is om te bepaal hoeveel van die werk deur buitelandse maatskappye gedoen is en hoeveel deur Namibiese kontrakteurs.
Dié verslag behoort teen die einde van Julie beskikbaar te wees, sê die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa.
Dít volg nadat die steierende boubedryf die afgelope maande pleit vir 'n dringende reddingsplan om totale ineenstorting te voorkom.
Vakbonde wat werkers in dié bedryf verteenwoordig, het sowat twee maande gelede tydens 'n protesoptog beswaar gemaak teen die groot aantal tenders wat aan Chinese en ander buitelandse maatskappye toegeken word.
“Dit is 'n interne oudit deur die ministerie en ons doen dit in opvolg van die beskuldigings oor die toekenning van tenders aan buitelanders,” sê Sankwasa.
Volgens die Federasie vir Konstruksiebedrywe in Namibië (CIF) is die bedryf se benarde situasie hieraan toe toe skryf, asook aan die buitensporige tendervereistes wat deur projekfinansierders soos die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) ten opsigte van tenderaars se omset en kontantvloei gestel word, en die besnoeiing van kapitaalprojekte deur die regering.
“Dit is nie net klein en mediumgrootte ondernemings (SME's) in die boubedryf wat die afgelope paar jaar werkers moes aflê of hul deure moes sluit nie.
“Selfs van die groot maatskappye wat in duur toerusting en aanlegte belê het en aan duisende Namibiërs werk verskaf, bevind hulle in 'n baie moeilike finansiële posisie,” sê me. Bärbel Kirchner, hoof- bestuurskonsultant van die CIF.
Sy sê die afname in die getal bou-ondernemings wat by die federasie geregistreer is, het sedert 2015 van 481 tot 268 gedaal. Hiervan is net 20% SME's, terwyl 48% van die CIF se lede vier jaar gelede in hierdie kategorie geval het.
“Die boubedryf is op die punt om in duie te stort. Baie maatskappye is op die rand van bankrotskap en moontlike likwidasie staar hulle in die gesig. Hul kontantvloei is so benard dat hulle nie kan oorleef nie. Dit beteken mense gaan sonder werk sit en maatskappy- en persoonlike belasting is vir die regering verlore,” sê sy.
Sankwasa sê in reaksie hierop die AfDB stel hierdie streng tendervereistes vir alle projekte wat hy op die vasteland finansier.
“Hoe lank bestaan dié bank al en vir hoe lank stel hy al hierdie standaarde vir Afrika? Hoekom sal ons die standaarde vir Namibië verlaag? Ons is 'n Afrikaland,” sê hy.
Die adjunkminister sê die bedryf moet homself afvra hoekom hy 30 jaar later steeds nie groot genoeg maatskappye het om aan hierdie vereistes te voldoen nie.
Om die tender te kry vir fase 2A van die lughawesnelweg wat laat verlede jaar geadverteer is, moes maatskappye die vorige vyf jaar 'n maandelikse kontantvloei van ten minste N$53 miljoen gehandhaaf het. Daarbenewens moes die belangstellende maatskappye die afgelope vyf jaar 'n minimum gemiddelde jaarlikse omset van sowat N$620 miljoen gehad het.
Dieselfde voorwaardes geld die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg.
Altesaam 34 van die 52 maatskappye wat voorleggings ingedien het om vir dié deel van die snelweg en die spoorlynprojek te tender, is Chinese maatskappye.
WETGEWING
Sankwasa sê die wetgewing vir die regulering van die bedryf vorder goed.
Die wetsontwerp vir die boubedryf is in 2010 in die parlement ter tafel gelê, maar is nie aanvaar nie omdat die bedryf nie genoegsaam geraadpleeg is voordat die wetgewing opgestel is nie.
“Hierdie wetgewing, wat voorsiening maak vir die aanstelling van 'n konstruksieraad om die bedryf te reguleer, word nou heropgestel nadat belanghebbendes in Maart kans gehad het om insette te lewer,” sê hy.
Die CIF beywer hom al sedert 2006 hiervoor en het by verskeie geleenthede die afgelope jare
sy frustrasie uitgespreek omdat die regering sy voete hiermee sleep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie