Thomas Cook-reisigers wu00eareldwyd gerusgestel
Thomas Cook-reisigers wu00eareldwyd gerusgestel

Thomas Cook-reisigers wêreldwyd gerusgestel

Die Britse regering doen alles in sy vermoë om die impak van Thomas Cook se ineenstorting vir reisigers te versag.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Teen laat gister was geen amptelike syfers nog bekend van presies hoeveel Britse toeriste wat hul reisreëlings deur Thomas Cook getref het, tans in Namibië op toer is nie.

“Ons het nie enige statistiek oor hoeveel Britse burgers uit Namibië gerepatrieer sal word nie en verkies om nie die getal te raai nie,” het me. Naomi Boys, woordvoerder van die Britse hoëkommissariaat, in ­antwoord op vrae oor die Thomas Cook-krisis gesê.

Sy het verduidelik wat die geraakte toeriste te doen staan, en gesê hulle eerste stap moet wees om die spe­siale webtuiste, thomascook.caa.co.uk, te besoek.

“Dit verskaf breedvoerige inligting oor vlugte, akkommodasie en gee ook algemene reisadvies aan die geraakte reisigers wat hul vakansies deur hierdie reisagentskap bespreek het. Dit sluit die nommer van 'n internasionale kliëntedienssentrum in wat sedert 06:00 Maandag in werking is.

“Die Britse regering het spesiale ­reëlings getref om seker te maak die proses verloop so soomloos as moont­lik, met die minste moontlike impak op Britse toeriste wat tans met vakansie is,” sê sy in haar e-pos.

Thomas Cook, gestig in 1841, is die oudste reisagentskap ter wêreld. Dit het Maandag finansieel in duie gestort en nagenoeg 600 000 vakansie­gangers oraloor die wêreld gestrand gelaat.

Ten minste 150 000 Britte moet as gevolg hiervan na Brittanje gerepatrieer word. Dit is die grootste vredes­tyd repatriasie-poging in die Britse geskiedenis, berig Reuters.

Volgens Associated Press (AP) was daar teen gister 14 500 van die gestrande Britse passasiers van elders in die wêreld met vlugte op pad terug na Brittanje.



CONDOR

Thomas Cook besit hotelle, vakansie­oorde en lugrederye en bedien 19 miljoen mense per jaar in 16 lande. Condor, wat twee keer per week uit Duitsland na Namibië vlieg, is een van die rederye in die Thomas Cook-stal.

Intussen het Condor, wat 'n kodedelingsooreenkoms met Air Namibia ten opsigte van sy besprekingstelsel het, gesê hy is finansieel in staat om sy vlugte voort te sit.

“Mnr. Ralf Teckentrup, die hoof­beampte, het in 'n skrywe aan die gemeenskaplike verkoopsagent (GSA) gesê Condor Flugdienst GmbH en sy filiale is geldelik in staat om met sy bedrywighede voort te gaan,” het Air Namibia by navraag gesê.

“Thomas Cook Aviation en Thomas Cook Airlines Balearics wat vlugte namens Condor doen, kan ook ­voortgaan. Verder het ons vir 'n oorbrug­gingslening by die staat aansoek gedoen,” lui die skrywe deur Tenckentrup.

“Ons kan voortgaan om vir die dienste te betaal wat nodig is om met ons vlugte voort te gaan uit fondse van die Condor Flugdienst EmbH-­entiteit. Ons vra verskoning vir die feit dat ons nie tans kan betaal vir dienste wat in die verlede gelewer is nie,” sê hy verder aan die GSA.



GASVRYHEIDSVERENIGING

By navraag oor die impak op Namibië, sê me. Gitta Paetzold, die ­uitvoerende beampte van die Gasvryheidsvereniging (HAN), die Britse toerismemark maak maar sowat 3 persent uit van buitelanders wat die land besoek.

Sy sê hoewel Thomas Cook se bankrot­skap in daardie opsig nie 'n baie groot invloed op toerisme in Namibië sal hê nie, is wat gebeur het 'n groot wekroep vir die plaaslike bedryf. “Dit wys vir ons dat toerisme soos wat ons dit geken het, verander het. Vroeër jare het alle toeriste hul vakansies deur reisagentskappe soos Thomas Cook bespreek.”

Sy sê tegnologie stel mense in staat om deesdae self hul vakansies te beplan en hul reisbesprekings te maak.

Paetzold sê die Duitse mark, wat die grootste deel van die Namibiese toerismemark uitmaak, bespreek meestal nog deur reisagente omdat hulle so die gemoedsrus het om te kan eise instel indien iets verkeerd loop.

Sy meen egter die plaaslike bedryf moet kennis neem van wat gebeur het en nuwe metodes gebruik om toeriste na die land te lok.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!