Terreuraanval in Nairobi: Dodetal nou 21
Terreuraanval in Nairobi: Dodetal nou 21

Terreuraanval in Nairobi: Dodetal nou 21

Hordes mense het van dié bloedbad probeer wegvlug, terwyl baie ander mense in die hotel vasgekeer was en tot die volgende dag weggekruip het.
Die amptelike dodetal in Dinsdag se terreuraanval in Nairobi, Kenia, het gestyg tot 21 nadat nog slagoffers in die hotelkompleks gekry is waar ’n groep militante van Al Sjabaab toegeslaan het.

Die terreurgroep het ook intussen aangekondig die aanval is uitgevoer in weerwraak op pres. Donald Trump van Amerika se besluit verlede jaar om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken.

Pres. Uhuru Kenyatta het in ’n toespraak wat Woensdag op televisie uitgesaai is, gesê sy regering sal elke laaste persoon opspoor wat by die aanval betrokke was, berig The Guardian.

“Ons gaan meedoënloos voort met die soektog totdat hulle aanspreeklik gehou word.”

Dié aanval op die DusitD2-hotelkompleks het die middag begin toe die aanvallers bomme na motors gegooi en met aanvalsgewere skote afgevuur het.

Hordes mense het van dié bloedbad probeer wegvlug, terwyl baie ander mense in die hotel vasgekeer was en tot die volgende dag weggekruip het totdat die veiligheidsmagte die perseel beveilig het.

Die beleg het 16 uur geduur.

ROOI KRUIS

Luidens berigte is soveel as 700 mense uiteindelik ontruim, maar die Rooi Kruis in Kenia het Woensdag nog aangevoer 50 mense word vermis. Die getal is later aangepas na 19.

Die Rooi Kruis voer ook sedert Woensdag aan dat die eintlike dodetal 24 is.

Reuters berig dat van die vermoordes in die Secret Garden-restaurant gesit en eet het en by hul tafels dood is.

Joseph Boinnet, polisiehoof, het gesê 16 Keniane, insluitend ’n polisieman, ’n Amerikaner, ’n Brit en “drie burgers van ander lande op die vasteland is dood”. Hy het ook bevestig vyf aanvallers het die aanval uitgevoer.

Een het homself binne die eerste paar minute in die hotel se voorportaal opgeblaas. Twee is gedurende die nag deur veiligheidsmagte doodgemaak en die ander twee Woensdagoggend.

BRITSE SLAGOFFER

’n Suid-Afrikaner, Luke Potter, met Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap, is een van die 14 slagoffers van die terreuraanval in Nairobi.

Hy was ’n natuurliefhebber wat onlangs van Brittanje na Nairobi verhuis het.

Potter (40) was die afgelope drie jaar die programdirekteur in Afrika vir die Gatsby-liefdadigheidstigting.

Potter het die afgelope tien jaar vir die stigting gewerk. Hy het die laaste drie jaar uit Oos-Afrika gewerk.

“Ons is diep geraak en hartseer om te bevestig dat Luke Potter in die onlangse veiligheidsvoorval in Nairobi oorlede is,” het die Gatsby-stigting Woensdag in ’n verklaring gesê.

Potter was oorspronklik van Johannesburg.

Een van die ander oorledenes is Jason Spindler, ’n Amerikaner. Spindler, wat die 9/11-terreuraanvalle in New York oorleef het, is ook Dinsdag in die aanval op die DusitD2-hotelkompleks in Nairobi, Kenia, dood.

Reuters berig die Amerikaner, wat ook in die Amerikaanse vredeskorps in Peru gedien het, en twee van sy Keniaanse vriende tel onder die minstens 14 mense wat in die aanval deur die militante groep Al-Sjabaab dood is.

Netwerk24 het vroeër reeds berig dat Spindler en 11 Keniane, waarvan twee nog nie geïdentifiseer is nie, onder die slagoffers tel.

Reuters het Woensdag Spindler se Keniaanse vriende as Abdalla Dahir en Feisal Ahmed van die konsultasiefirma Adam Smith International (ASI) geïdentifiseer.

Albei het aan ekonomiese programme gewerk wat daarop gemik is om die lewensgehalte in Somalië te probeer verbeter.

Ahmed se weduwee is sewe maande swanger. Vriende en familie beskryf hom as ’n charismatiese grapjas wat onafskeidbaar van sy vriend Dahir was.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.54 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.84/OZ UP +0.56% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 883.10/T UP 1.01% | Brent Crude Oil US$ 89.22/BBP UP +0.36% | Platinum US$ 913.68/OZ DOWN -0.0024