Tenteskole onaanvaarbaar

16 January 2020 | Menings
Skole in Namibië is tot oorlopens toe vol. Volgens die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, gaan die onderwysministerie alles in die stryd werp om alle leerlinge te huisves.

Tenteklaskamers is een van die oplossings van die onderwysministerie om die plasingspetalje te pak.

Steenkamp sê vanweë die ruimtepbeperking is nóg ’n opsie dat leerlinge in twee groepe verdeel word.

Dit beteken een groep woon skool soggens by, terwyl dieselfde geriewe smiddae deur ’n ander groep gebruik sal word.

Die uitvoerende direkteur erken dié situasie is nie ideaal nie. Ná 30 jaar van onafhanklikheid in 2020 kan Namibië werklik nie met ’n goeie onderwysstelsel spog nie.

Ons matriekuitslae is steeds beroerd, ons onderwysstandaard is pateties en klasse in staatskole is oorvol.

Die regering en die onderwysministerie het die afgelope 30 jaar nie voldoende beplanning gedoen nie.

Volgens die Namibiese Grondwet is elke liewe Namibiër op onderwys geregtig.

Ons is dit aan ons kinders verskuldig.

“Primêre onderrig is verpligtend en die staat moet redelike fasiliteite voorsien om hierdie reg aan elke liewe inwoner in Namibië te bied, deur staatskole op te rig en in stand te hou waar primêre onderrig gratis voorsien word,” lui die Grondwet.

Die regering oortree en respekteer nie sy eie grondwet of sy kinders nie.

Die staat voorsien nie redelike geriewe nie, ná 30 jaar is te min staatskole opgerig en word staatskole inderdaad nié in stand gehou nie.

Tenteskole is beslis nie “redelike geriewe” nie, nóg minder skole onder bome.

Die Namibiese kind word soos ’n stiefkind in die Namibiese Huis behandel.

Só sê ander: 14 Januarie 2020

The youth can decide their future

Taiwanese President Tsai Ing-wen successfully secured a second term with a landslide win. Young Taiwanese have drawn the most attention by sending a clear message in this election: Taiwan’s future is determined by the younger generation, not the older generation as it was previously.

The evidence is the youth voting rate. Taiwan, as a young democracy, has shown that young people cherish and value their way of life: democracy, freedom and respect for human rights.

We should give three cheers for young people, as they exercised their duty as a citizen in a nation governed by the rule of law. What is concerning is that the elections seemed to turn into a battle between the young and the old. The former is in favor of Tsai standing firm against China, while the latter supported the so-called “commoner president,” Kaohsiung Mayor Han Kuo-yu, the Chinese Nationalist Party’s (KMT) candidate.

Young Taiwanese have said a loud and a clear “no” to China. Nobody but Taiwanese can decide Taiwan’s future and way of life.

Taiwanese have very different shared and cherished values from those in China: democracy versus tyranny, freedom versus suppression, and human rights versus ethnic cleansing. - Taipei Times

Soortgelyk

 

Destined to inspire

9 ure gelede | Mense

Ester KamatiSem Mandela Uutoni’s desire for community development manifests itself in his work and is what drove him to pursue a bachelor’s degree in regional...

Make education your New Year’s resolution in 2020

9 ure gelede | Mense

Albin JacobsWith the holiday season drawing to a close it is time to focus on the new year, 2020. Almost everyone makes some kind of...

Dankbare dorre aarde

9 ure gelede | In beeld

“Die Karasberge in die Karasburg-distrik het onlangs vir die eerste keer in vier jaar reën gekry,” sê NP Esterhuyse, wat dié pragfoto geneem het.

Groot kanonne hoor kiessaak

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Alle oë is vandag op Namibië se hoogste hof, die hooggeregshof, waar die land se heel eerste onafhanklike presidensiële kandidaat dié hof...

Katrina hoor gou oor appèl

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, sal eersdaags hoor of haar aansoek om verlof tot appèl geslaag...

Fearless manager - Game of Phones

9 ure gelede | Mense

Michelline NawatisesLeandro van Wyk, call centre manager at MultiChoice Namibia, started his career in the banking industry in 2001 as a back-office ledgers clerk, after...

Connecting clients to the correct networks

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati With internet connection, there is no stopping Macveren Kapukare, a telecommunication engineering graduate who is passionate about making a difference in the world...

Oudonderwyser sit steeds

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die 69-jarige man, wat sedert verlede naweek op Rehoboth in polisieaanhouding is weens beweerde verkragting, se formele aansoek om borgtog het nie...

Aandag alle bruidspare!

9 ure gelede | Gebeure

Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie skop weer vandag af. Paartjies wat tussen 1 Maart 2019 en 29 Februarie 2020 getroud is, kan vir vanjaar...