Telecom weer aanlyn
Erwin Leuschner – Namibië se oorsese internetverbinding is teen Vrydagaand 18:00 weer herstel.
Dít volg nadat Telecom Namibia ’n alternatiewe bandwydtekapasiteit oor die ooskus van Afrika kon bekom.
Talle Afrikalande se internetverbinding is verlede week Donderdag onderbreek ná twee ondersese veselglaskabels terselfdertyd beskadig is.
“Die kabels is nog nie herstel nie. Ons kon slegs ’n alternatiewe internetverbinding verseker,” het me. Nomvula Kondombolo-Kambinda, Telecom Namibia se woordvoerder, gesê.
Weens kontrakvoorwaardes kon sy nie verdere besonderhede verskaf nie.
Hoewel die internetverbinding weer herstel is, is dit stadiger as gewoonlik.
Volgens Kondombolo-Kambinda is dit omdat die aanlyn dataverbruik aan die ooskus aansienlik hoër is as aan die weskus.
Die twee veselglaskabels, die SAT-3 en die WACS, is Donderdag net ná middernag beskadig.
Die SAT-3-kabel is volgens Business Insider glo by Libreville naby Gaboen en by die kus van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) beskadig.
Dié kabel kom eers in Suid-Afrika aan land.
Die WACS-kabel is glo voor Engeland se kus beskadig. Dié kabel verbind Namibië met die res van die wêreld.
“Die internetonderbreking het nie net Namibië geraak nie. Botswana, Suid-Afrika en talle ander lande langs die weskus is daardeur geraak,” het sy gesê.
Kondombolo-Kambinda kon nie sê wanneer die kabel weer herstel sal wees nie.
“Dit hang van verskeie diensverskaffers af, waaroor ons geen beheer het nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie