Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing
Die minister van staatsondernemings is gefrustreer deur direksies wat opdragte ignoreer.
Yanna Smit
Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik valse tender van N$12 miljoen.
Die NBC en The Namibian het berig die waarnemende voorsitter van dié semistaatsinstelling, me. Irene Simeon-Kurtz, het Klein se skorsing bevestig in 'n brief gedateer 23 November 2018, “wat aan die regering gerig is”.
Sy het gesê die skorsing volg ná 'n interne ondersoek wat Telecom in Oktober van stapel gestuur het, en 'n “buitengewone raadsvergadering” op 23 November.
Mnr. Oiva Angula, Telecom se senior bestuurder van korporatiewe kommunikasie en openbare betrekkinge, asook die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, kon nie gister die skorsing bevestig nie.
Angula het aan Namibian Sun gesê hy is af en nie by die werk nie, dus kan hy geen kommentaar lewer nie.
Toe Republikein se susterkoerant vir Jooste gevra het om die skorsing te bevestig, het hy gesê “blykbaar, ja”.
Volgens die minister het hy geen dokumentasie in die verband gesien nie en is nie geraadpleeg nie.
“Ek was geskok om Vrydag hiervan op sosiale media te verneem.
“Ons het 'n baie duidelike opdrag uitgereik dat alle SOE-direksies toestemming van die minister en die ministerie van staatsondernemings moet kry voordat enige uitvoerende hoof of senior bestuurslid geskors kan word.
“Ek vind dit belaglik dat 'n direksie verkies om so 'n opdrag doelbewus te ignoreer,” het hy gesê.
Jooste het bygevoeg dat hy die huidige wetlike bepalings tot sy beskikking sal gebruik om direksies aanspreeklik te hou vir onnodige finansiële gevolge wat “weens hierdie skorsings mag ontstaan”.
Jooste het gesê sy ministerie ondersteun en moedig ondersoeke na senior werknemers aan. Daarna moet toepaslike, dissiplinêre maatreëls ingespan of vermoedelike bedrog en korrupsie by die Teenkorrupsiekommissie of die polisie aangemeld word. “Dit is baie selde nodig of voordelig om die persoon te skors,” het hy bygevoeg.
Volgens berigte oor Klein se skorsing sal hy binne 48 uur aangekla word ingevolge Telecom se maatskappybeleid.
Klein se skorsing volg op dié van drie senior uitvoerende beamptes ten einde ondersoek in te stel na hoe die maatskappy van die geld vir die beweerde vals kontrak van N$12 miljoen betaal het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie