Teko-trio se verhoor begin oor
Teko-trio se verhoor begin oor

Teko-trio se verhoor begin oor

NAMPA
Die bedrogverhoor van die sogenaamde Teko-trio, wat voortspruit uit die aankoop van X-straal-skandeerders ter waarde van US$55,3 miljoen vir lughawens en ­grensposte sowat 'n dekade gelede, het vandeesweek van voor af begin.

Die twee Namibiërs en hul Chinese sakevennoot, me. Teckla Lameck (57) en mnre. Kongo Mokaxwa (39) en Yang Fan (47), het Maandag opnuut skuld op die klagte teen hulle ontken toe die verhoor voor regter ­Christie ­Liebenberg in die hoërhof in Windhoek afgeskop het.

Die hooggeregshof het in Julie verlede jaar 'n appèl toegestaan in die guns van die beskuldigdes en gelas dat regter Maphios Cheda aan die verhoor onttrek word.

Dit het beteken dié omstrede verhoor, wat in 2013 voor hom begin het en waarin die staat reeds die getuienis van 20 getuies gelei het, moes van voor af voor 'n ander regter begin.

Die 18 klagte van onder meer bedrog teen die trio spruit uit 'n transaksie waarin die ministerie van finansies X-straal-skandeerders ter waarde van US$55,3 miljoen vir lughawens en grensposte van 'n Chinese ­maatskappy, Nuctech (verteenwoordig deur Yang), aangekoop het.

Die staat beweer die prys van die skandeerders is verhoog om 'n “kommissie” van nagenoeg US$12,8 aan Teko Trading BK te betaal, 'n beslote korporasie wat aan Lameck, 'n voormalige lid van die Staatsdienskommissie en haar vennoot, Mokaxwa, behoort. Dít het in 2009 plaasgevind.

Lameck en Mokaxwa word ook daarvan beskuldig dat hulle die maatskappy Namib Contract Haulage, waar beide Mokaxwa en Lameck in diens was, bedrieg het deur die prys van vragmotors en busse wat van China af ingevoer is, te verhoog. Dié transaksie is in 2007 beklink.

Die staat voer verder aan Lameck het nie die staatshoof (pres. Hifikepunye Pohamba) se toestemming gehad om ander besoldigde werk te doen terwyl sy 'n kommissaris van die Staatsdienskommissie was nie, en dat sy haarself aan die oortreding van die teenkorrupsiewet skuldig gemaak het.

Regter Cheda het 20 staatsgetuies aangehoor (na verwagting sal sowat 80 getuies namens die staat getuig) toe die beskuldigdes se regsverteenwoordigers beswaar gemaak het teen bankrekords wat as bewyse verkry is. Dit is bekom nadat dagvaardings deur die ­direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie, mnr. Paulus Noa, uitgereik is. Volgens die verdediging was die inhoud van die dagvaardings “onverstaanbaar, ongeldig en onwettig”.



MOONTLIK BEVOOROORDEELD

Regter Cheda het die beswaar van die hand gewys in 'n beslissing in Junie 2014.

Die verdediging se regsverteenwoordigers het toe aansoek gedoen daarvoor dat hy homself moet verskoon, weens kommer dat hy moontlik bevooroordeeld mag wees. Hy het dit ook afgewys.

Lameck staan op al 18 die klagte tereg, terwyl Mokaxwa op 12 van die klagte verhoor word. Yang staan op ses klagte tereg.

Adv. Gerson Hinda en mnr. Sisa Namandje verteenwoordig die beskuldigdes, terwyl mnr. Dominic Lisulo, adjunk-aanklaer-generaal, en me. Constance Moyo, namens die staat optree.

- Eie berig en Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%