Teenstropery: 280 polisielede veg saam
Teenstropery: 280 polisielede veg saam

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

Die meeste verdagtes in verlede week se wildmisdaadvoorvalle is Namibiese mans, buiten vier Zambiese burgers.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale Parke ontplooi.

Só het die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, verlede week by 'n slypskool vir wildmisdaadwetgewing aan ondersoekbeamptes en aanklaers in die hoofstad gesê.

“Die doel hiervan is om die teenstropingseenheid en patrollies van natuurbewaarders van die ministerie van die omgewing en toerisme te versterk,” het Ndeitunga gesê.

Hy het gesê voortdurende renoster- en olifantstropery en die onwettige handel in horings en ivoor in Namibië noop die polisie om nou saam met die ministerie te werk, veral betreffende wetgewing wat spesiaal beskermde wild moet bewaar.

“Die Namibiese polisie is toegewy aan samewerking in die stryd teen wildmisdaad. Die samespanning van Nampol, die ministerie van die omgewing en toerisme en die Blue Rhino-taakspan is aanduidend van die uitdagings van stropery,” het die polisiehoof gesê.

Hy het gesê hoewel borgtog enige beskuldigde se grondwetlike reg is, “is dit ons plig om alle wetlike maatreëls in ag te neem om te verseker dit is in die belang van die publiek, daar word nie met getuies of die polisieondersoek ingemeng nie en feitelike bewyse word aan die hof voorgelê om dit te ondersteun”.

Intussen is twee renosters verlede week op 'n private plaas in die Dordabis-distrik gestroop en hul horings verwyder.

Volgens die misdaadverslag is die karkasse verlede Donderdag deur die plaaseienaar ontdek.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.



13 VERDAGTES VAS

Van 9 tot 15 September is altesaam 13 verdagtes in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem.

Vyf uit die 13 verdagtes is vas in verband met renosterstropery of die handel in horings, en een oor olifant­stropery of ivoorhandel.

Volgens Nampol se eenheid vir be­skermde hulpbronne (PRU) en die ministerie se intelligensie- en ondersoekeenheid se weeklike wildmisdaadstatisieke is sewe nuwe sake verlede week aanhangig gemaak.

Beslag is op twee renosterhorings, twee olifanttande, twee lewende ietermagôs, twee ietermagôvelle, twee leeuvelle en vuurwapens gelê, en sewe patrone is gekonfiskeer.

Tien van die verdagtes is Namibiese mans en drie is Zambiërs. Die Zambiese burger mnr. Kopela Simata is verlede Woensdag glo in besit van twee olifanttande op Katima Mulilo in hegtenis geneem en mnre. Fula Pumulo en Siyayo Kinamo is op dieselfde dag en dorp glo met een lewende ietermagô vasgetrek.



HOFVERSKYNINGS

Verskeie Namibiese beskuldigdes het verlede week in howe landswyd vir wildmisdaad verskyn.

Mnre. Uatenguainja Ngumbi, Vetumunaije Pekaha, Zakonekwa Ndiaombe en Raimo Kakongo is verlede Maandag in die landdroshof op Oshivelo op borgtog van N$8 000 vrygelaat ná hulle op klagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie verskyn het.

Mnre. Daniel Shilongo, Efraim Ashimbanga en Valentine Kandongo het verlede Maandag in die landdroshof op Otavi in verband met die stroop van 'n renosterkalf verskyn. Al drie beskuldigdes bly in aanhouding.

Mnre. Hamutenya Penty, Petrus Kanyata en Andreas Gabriel het verlede Vrydag in die Windhoekse landdroshof in Katutura in verband met die besit van 'n lewende ietermagô verskyn en is op borgtog van N$2 500 elk vrygelaat.

Mnr. Hendrik Dumeni het op dieselfde datum en hof in verband met die besit van twee ietermagô­velle verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026