'Te min om toerisme te bemark'

HAN meen dit is nou die tyd om die groot momentum te gebruik wat die toerismebedryf oor die afgelope paar jare opgebou het, veral met 'n rekord akkommodasiebesetting wat in 2016 bereik is om Namibië as die gesogste reisbestemming in Afrika te versterk.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Te min geld word in die nasio­nale begroting vir 'n effektiewe bemarkingsveldtog as toeriste­bestemming vir die toerismesektor aangewend om in die streek en internasionaal mededingend te wees.

Dit is die mening van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) wat die toerismebedryf in die land verteenwoordig.

“Toerisme het in onlangse jare bewys dat dit 'n sleutel ekonomiese pilaar vir Namibië is en het stadige, maar aansienlike groei getoon. Multi-miljoen beleggings is deur die private sektor in konstruksie, ontwikkeling en 'n ver­skeidenheid van produkte oor die afgelope paar jare gedoen,” het die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold gesê.

Voorbeelde is die nuwe Strand Hotel, Hilton Hotel, The Delight, Swakopmund Plaza en die uitbreiding van lodges en kampeerterreine.

“Dit is 'n duidelike teken van die vertroue en toewyding van die private sektor en rolspelers in die toerismebedryf,” sê Paetzold.



BEGROTINGStoekennings

“Wat die begrotingstoekennings vir die ministerie van die omgewing en toerisme behels, is dit die private sektor se mening dat dit hopeloos te min vir die toerismebedryf is, rakende maatskaplike opheffing, veral in landelike gebiede, werkskepping en die ontwikkeling van vaardighede,” meen Paetzold.

“Voorts word die begroting in ver­skeie gedeeltes van die sektor verdeel, onder meer wildbestuur, bewaring, infrastruktuur en bestemmingsbemarking. Te min word aangewend om Namibië as 'n toeristebestemming te bemark.”

Paetzold sê Suid-Afrika het pas byna R500 miljoen oor drie jaar as bykomende fondse aan die toerismeporte­feulje vrygestel vir bestemmingontwikkeling, die verspreiding van toerisme na afgeleë streke, uitbreiding van konferensiegeriewe en die ontwikkeling van nuwe bronmarkte.

“Namibië se bemarkingsbegroting kan nie eens vergelyk word met Suid-Afrika se begroting van die kleinste provinsie nie. Ons kan ons ook nie met ons oostelike buurland Botswana vergelyk wat groot in toerismebemarking belê nie.”

Sy sê Botswana is 'n vennoot by vanjaar se internasionale toerisme­skou ITB Berlyn in Berlyn, Duitsland, waaraan hulle miljoene bykomend tot hul bemarkingsbegroting bestee het.



SAMEWERKING

“Maar in die afwesigheid van beskikbare fondse oor die ekonomiese spektrum, moet Namibië nou strategies en ekonomies in samewerking optree. Samewerking en kommunikasie is nou belangriker as ooit,” meen Paetzold.

“Ongelukkig is die aanduidinge dat daar begrotingsbesnydings oral in ministeries gaan wees en dit ook die toerismebedryf in ons land gaan raak. Daar is gerugte dat ons nasionale bemarkingsliggaam, die Namibië Toerismeraad (NTB), die helfte van hul reeds klein begroting van die afgelope twee jaar gaan ontvang,” sê Paetzold.

“Dit is tot groot kommer vir toerisme, want nou is die tyd om die groot momentum te gebruik wat toerisme oor die afgelope paar jare opgebou het, veral met 'n rekord akkommodasiebesetting wat in 2016 bereik is om Namibië as die gesogste reisbestemming in Afrika te versterk.”

Volgens Paetzold moet bestemmingsbemarking deur die NTB gelei word maar oor 'n breër spektrum met ondersteuning en fondse van die ministeries van internasionale betrekkinge en samewerking en handel en nywerheidsontwikkeling as een sterk, doelgerigte poging vir bestemmingsbemarking.

Sy sê die NTB se begroting moet dringend hersien word: “Die NTB het 'n goeie bestemmingbemarkingskonsep vir Namibië wat NTB Frankfurt in die afgelope jare bewys het. Dit sal ideaal wees as dié konsep onder die leierskap van NTB uitgebrei word.”

Paetzold sê die toerismesektor besef dat daar tans nie voldoende fondse is om alle gewenste projekte te ondersteun nie, daarom moet strategiese en effektiewe middele toegepas word om saam met ander partye en vennote 'n verenigde, nasionale bemarkingsveldtog te ondersteun.

“Toerisme is almal se besigheid.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.26/BBP DOWN -0.0435 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%