Taxipassasier sterf in ongeluk in Eros
’n Ongeluk wat Vrydag omstreeks 15:00 op die hoek van Robert Mugaberylaan en Etnastraat in Eros in die hoofstad plaasgevind het, het die lewe van ’n taxipassasier geëis.
Mnr. Bethuel Mukono (24) is volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag op die toneel dood.
“Nóg ’n taxipassasier (23) is ernstig beseer en in ’n kritieke toestand en die taxibestuurder het ernstige kopbeserings opgedoen, maar is in ’n stabiele toestand.”
Volgens die misdaadverslag het die bestuurder van ’n Honda Ballade in Robert Mugaberylaan na die verkeerslig aangery, maar na bewering die rooi verkeerslig verontagsaam en met ’n rooi taxi, ’n Nissan Note, gebots.
“Die bestuurder van die Honda was die enigste insittende en is matig beseer,” lui die polisieverslag.
Hy sal van strafbare manslag en roekelose en/of nalatige bestuur aangekla word.
Die polisieondersoek duur voort.
Foto Facebook/Accidents in Namibia

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie