Taxidiens vir vroue, deur vroue amper in SA

12 September 2019 | Sakenuus
Hanlie Stadler – Danielle Wright, stigter van ChaufHer, was eintlik nog nie gereed om haar taxidiens vir vroue en kinders – met slegs vroue as bestuurders – amptelik bekend te stel nie.

Maar iemand het die nuus versprei van dié beoogde nuwe Uber-kloon te midde van die landwye betogings oor geweld teen vroue en kinders, en nuusdekking “het net soort van ontplof” die afgelope week.

Die betogings het opgewel in die nadraai van onder meer die moord op die student Uyinene Mrwetyana in ’n Kaapse poskantoor reg langs ’n polisiekantoor en die verdwyning van tientalle kinders, onder hulle Amy’Leigh de Jager van Vanderbijlpark, een van min wat lewend gevind is ná haar ontvoering. Duisende vroue én mans het in Kaapstad na die parlement opgeruk, en ook na die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum, waar hoës saamgetrek was vir die Wêreld- Ekonomiese Forum vir Afrika.

Wright sê die idee vir ChaufHer het eintlik al twee jaar gelede ontstaan toe sy begin dink het hoe sy haar tweelingdogters (3) eendag veilig by ’n bestemming sal kan kry as sy self besig is met haar seuntjie (5).

Sy glo egter veral nou gaan die diens “verreikende gevolge” hê in die stryd teen geslagsgegronde geweld. Dit sal vroue en kinders toelaat om “hul beste lewe te lei” – sonder vrees dat hulle deur ’n taxibestuurder verkrag of vermoor gaan word.

ChaufHer gaan ’n appgegronde taxidiens wees, nes Uber en Bolt, maar dit verskil op ’n aantal baie belangrike punte.

· Eerstens, gaan al die bestuurders vroue wees, en hulle gaan slegs vroue en kinders (jonger as 18 jaar) oplaai – geen uitsonderings nie. Nie eens heteroseksuele paartjies gaan opgelaai word nie.

· Tweedens, sal ’n unieke eenmalige wagwoord aan sowel die bestuurder as die persoon wat sy oplaai, gestuur word en sal hulle kan verifieer dat hulle is wie hulle sê hulle is. Dit sal gevalle uitskakel waar vroue opgelaai word deur iemand wat voorgee hy is ’n Uber-bestuurder.

· Derdens, sal passasiers ’n noodknoppie ontvang wat oombliklik verskillende nooddienste sal ontbied na waar hulle hulle ook al bevind.

Wright sê die nooddiens sal deur ’n gevestigde Suid-Afrikaanse maatskappy verskaf word – sy onderhandel met twee oor dié kontrak.

ChaufHer se app word op die oomblik finaal getoets en die diens kan so gou as November amptelik bekend gestel word, vir eers net in Kaapstad. In 2020 sal dit ook na Johannesburg en Durban uitgebrei word, en daarna so gou as moontlik landwyd.

Wright sê van haar vriendinne – baie van hulle ook ma’s – het die afgelope jaar aan haar sy gewerk om die idee te verwesentlik. Haar man finansier die onderneming. Sy het nou nege werknemers wat op ’n kontrakgrondslag aangestel is.

Wright se eie agtergrond is in mensehulpbronne, maar die afgelope paar jaar was sy ’n tuisblyma.

Wright sê sy was “aangenaam verras” deur die belangstelling van potensiële bestuurders vir die diens. Vir haar gaan dit nie net oor veiligheid nie, maar oor die bemagtiging van vroue. Sy sien dit as ’n wonderlike geleentheid vir vroue om ’n ekstra inkomste te verdien, maar met buigsame werkure.

Bestuurders sal hul eie voertuig moet hê, maar Wright ondersoek ook die moontlikheid dat ChaufHer voertuie sal koop en aan bestuurders verhuur of sal help om voertuie te finansier, met die besef dat nie alle vroue wat die geleentheid wil aangryp, kan bekostig om hul eie motor te koop nie.

Bestuurders deurloop bestuursopleiding en hul misdaadgeskiedenis word nagegaan. As hulle hul eie motors gebruik, sal die padwaardigheid daarvan gereeld nagegaan word.

· Die ChaufHer-app sal binnekort op die App Store vir Apple se iPhone en Play Store vir Android-fone beskikbaar wees. Meer inligting is op die webwerf www.chaufher.com. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

12 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

23 ure gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of video's van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Dokters wis nie van voorskrifte

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

23 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

23 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

23 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...