Tatjana besef nie dadelik sy het rekord

Olimpiese Spele
Marizanne Kok – Toe Tatjana Schoenmaker Vrydagoggend ná die Olimpiese eindronde van die 200 m-borsslag omdraai en opkyk na die groot skerm het sy ’n tyd van 2:19.92 daarop gesien en ’n lied in haar hart gekry.
Dit het haar ’n paar oomblikke geneem om te besef dit was nie háár tyd nie, maar dié van die silwermedaljewenner Lilly King. Schoenmaker se tyd was byna ’n sekonde vinniger: 2:18.95 wat die agt jaar oue wêreldrekord met 16 honderdstes van ’n sekonde vermorsel het en haar tot op die boonste trappie van die Olimpiese podium gekry het.
Die 24-jarige Suid-Afrikaner het Vrydag die eerste vrou in die geskiedenis geword wat in die 200-borsslag onder die 2:19-kerf kon gaan, nadat sy en King oor die eerste helfte van die resies in ’n taai tweestryd was voordat Schoenmaker van haar weggebreek het.
Die Pretorianer het eenvoudig nie haar gelyke in dié eindronde gehad nie, met niemand anders teen die einde naby aan haar nie.
Maar dat sy die stophorlosie ewe hard sou slaan as haar teenstanders, was vir Schoenmaker ’n reuse-verrassing. Sy het immers net Woensdag vir die eerste keer nog onder 2:20 gegaan (met ’n Olimpiese rekord van 2:19.16 in die uitdunne) en haarself nie regtig toegelaat om van ’n sub-2:19 te droom nie.
“Dis steeds vir my onwerklik dat ek 2:18 geswem het,” het sy agterna op die medaljewenners se mediakonferensie gesê. “Ek het opgekyk en 2:19 gesien en gedink, wonderlik, nóg ’n 2:19,” het sy laggend gesê.
“Die vorige rekord (van 2:19.11) was so lank in die rekordboeke dat ek by myself gedink het dit sal goed wees as ek net naby my tyd van die uitdunne en halfeind (2:19.33) kon kom. So, toe ek 2:19 swem, was ek net dankbaar – en toe besef ek dis nie my tyd nie!”
King en haar oefenmaat Annie Lazor (wat in 2:20.84 derde was) het albei hul ongeloof uitgespreek daaroor dat Schoenmaker ’n nuwe wêreldkerf (die eerste individuele wêreldrekord in die swembad op hierdie Spele) kon opstel.
“Dis regtig moeilik op ’n Olimpiese Spele, want jy is nie altyd seker of jy die regte kos eet nie, jy loop verskriklik baie (in die Speledorp), die druk is hoër as in enige ander byeenkoms én dan swem ons nog hier in die oggende,” het King, die wêreldrekordhouer in die 100-borsslag, gesê.
“Ek kan uit ervaring praat – ek kon nie my wêreldrekord op die Spele in Rio kry nie, maar ’n jaar later in Budapest. Dis ’n baie moeilike ding om te doen.
“Maar duidelik het dit nie vir Tatjana saak gemaak nie; sy moet vir ons vertel hoe sy dit gedoen het.”
Lazor het gesê sy het “soort van vermoed Tatjana gaan dit doen, so dit was ongelooflik om langs haar te swem. Dit was net ’n fenomenale vertoning, daar was geen manier vir ons om daarop te reageer nie. Daar het soveel mense aan die 2:19-deur begin klop, maar met ’n 2:18 stel Tatjana nou ’n nuwe presedent.”
Schoenmaker, wat ook Dinsdag silwer in die 100-borsslag gewen het, het gesê dit was vir haar ’n uitdaging om haar belangrikste renne in die oggend te swem. In albei haar uitdunne (wat in die aandsessie was) het sy Olimpiese rekords geswem, en in die 100 kon sy nie weer haar rekord oortref nie.
“Dis moeiliker in die oggend – jy word wakker en jy’s moeër wanneer jy by die swembad kom (as voor ’n aandsessie),” het sy gesê. “Ek het glad nie daardie tyd verwag nie, maar uiteindelik kon ons nie ’n beter resies gehad het nie. Ek het gefokus op my eie baan, behalwe vir die rukkie wat ek en Lilly saam uitgegaan het, so sy het my beslis gedruk omdat ek geweet het haar eerste 100 is so goed.”
Schoenmaker het gesê sy is opgewonde daaroor om by die huis te kom en “net die feit dat ek op die Olimpiese Spele was” saam met haar familie te vier. Hulle kon die oomblik met haar deel deur ’n virtuele verbinding op die "familieskerm" langs die swembad, maar die weersiens sal vanselfsprekend meer intiem wees.
“Ek dink wat ek hier gedoen het, gaan regtig insink wanneer ek by die huis is,” het sy gesê. “Maar ek weet nie of dit moet nie – as ek nou al so baie gehuil het terwyl hulle net half hier en half daar was, kan ek my nie indink hoe die trane gaan vloei wanneer ons mekaar sien nie.”
• Schoenmaker se goeie vriendin en oefenmaat, Kaylene Corbett, het vir die derde agtereenvolgende dag 'n nuwe persoonlike beste tyd opgestel deur vyfde te eindig. Haar tyd van 2:22.06 is meer as twee sekondes vinniger as haar PB voor die Tokio-Spele.
– Netwerk24

FOTO’s
Wag, is dit my tyd? Tatjana Schoenmaker lig haar hande nadat sy besef het sy het die Olimpiese eindronde van die 200-borsslag in ’n wêreldrekordtyd gewen. Getty Images

’n Huilende Tatjana Schoenmaker word omring deur haar spanmaat Kaylene Corbett (regs) en die Amerikaners Lilly King en Annie Lazor nadat sy Olimpiese goud gewen het. Foto Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004