Tannie Pottie Neethling word 100
Tannie Pottie Neethling word 100

Tannie Pottie Neethling word 100

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ’n Geliefde oudonderwyser van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, is vandag 'n eeu oud en amptelik die oudste inwoner van Schanzen-oord in Windhoek.

"Vandag vier ons 'n groot mylpaal in Schanzen-oord. Tannie Pottie is nie net ons oudste inwoner nie, maar dit is die eerste keer wat ons 'n 100ste verjaardag hier vier," het die bestuurder van die oord, mnr. Frans du Toit, gesê.

Neethling het van 1962 af tot haar aftrede in 1985 onder meer Afrikaans en wetenskap by WHS onderrig met duisende leerlinge wat deur haar bekwame onderwyshande is.

“Die Here is oneindig goed vir my. Ek is gesond en voel baie goed,” het sy gister in haar woonstel aan Republikein gesê.

Neethling is op 7 Julie 1920 op Humansdorp gebore en het op Patensie in die Gamtoosvallei van Suid-Afrika grootgeword.

Sy het op Humansdorp skoolgegaan en op Graaff-Reinet onderwys studeer.

Haar eerste onderwyspos was op Hofmeyr waar sy ook haar man, mnr. Severus Neethling, ontmoet het. Hulle is in 1948 getroud en hy was ook 'n onderwyser by WHS.

Nadat haar man in 1992 oorlede is, het sy steeds in hul huis in Bachstraat in Windhoek-Wes aangebly tot sy in 2013 na Schanzen-oord getrek het.

Streng Covid-19-inperkingsreëls geld tans by ouetehuise, maar die hoktyk pla Neethling geensins, want sy is lief vir lees en blokkiesraaisels invul.

In haar woonstel kreun die boekrakke onder boeke.

“Ek bly baie lekker en gaan kuier gereeld by my vriendin wat ook 'n inwoner hier is.”

Volgens Neethling is die beste uitvindsel in haar leeftyd 'n motor.

Sy het tot verlede jaar nog haar motor bestuur, al het sy net na die winkel om die draai gery, "maar ek aanvaar dit so dat ek nie meer mag bestuur nie," sê Neethling.

"Ek was baie lief vir my karretjie."

In haar jonger dae het sy ook graag gereis en naaldwerk gedoen.

Haar getroue huishulp van 27 jaar, me. Hannah Witbooi, vertel "tannie Pottie het nog nooit ooit met my geraas nie".

OUDSKOOLHOOF SE WENSE

Mnr. Bertus Gous, 'n oudskoolhoof van WHS, het gesê hy ken vir tannie Pottie sedert 1963 as skolier in die klas, as medekollega by WHS, en later as vriendin.

"Tannie Pottie, ons salueer jou vandag op jou 100ste verjaardag en vir die 23 jaar wat jy as onderwyseres diens by Windhoek Hoërskool vanaf 1962 tot en met 1985 gedoen het," sê Gous.

"Met jou sagte maar ferm persoonlikheid was jy ‘n baie geliefde onderwyseres en leerlinge het goed presteer in die klas. Jy het ‘n besonderse manier gehad om kennis met begrip en empatie oor te dra. Elke les het een of meer lewenslesse ingesluit en die leerlinge het dit baie geniet.”

Gous sê as kollega was Neethling elke dag ‘n inspirasie met haar vriendelike glimlag.

"Tannie Pottie, jy is baie spesiaal en mag die Here vir jou saggies toevou in Sy liefde en genade en wonderlik seën in die nuwe lewensjaar wat voorlê."

Die tafels gaan vandag kreun onder die koek en tee by Schanzen-oord ter ere van hul oudste en geliefde inwoner.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!