Talle benoemings vir Bombshell

13 December 2019 | Byvoegsels
Die fliek Bombshell, wat oor die Fox News-skandaal gaan, is so opspraakwekkend soos die gebeure waarop dit gebaseer is.

Dié rolprent deur die bekroonde regisseur Jay Roach en die draaiboekskrywer Charles Randolph is pas benoem vir ’n hele rits toekennings en het die rolprentwêreld behoorlik aan die gons.

Suid-Afrika se eie Charlize Theron, wat skitter in die rol van Megyn Kelly, is pas benoem vir ’n Golden Globe-toekenning vir beste aktrise in ’n speelfilm (drama). Margot Robbie is benoem vir beste ondersteunende aktrise in ’n speelfilm. Die wenners sal op 5 Januarie 2020 tydens die 77ste Golden Globes-toekenningsgeleentheid in Los Angeles aangekondig word.

Beide aktrises is in dieselfde kategorieë benoem deur die St. Louis Film Critics Association, asook die Critics’ Choice-paneel en die North Texas Film Critics Association. Critics’ Choice-nominasies is ook ontvang vir beste hare en grimering en beste groep akteurs. Die 25ste Critics’ Choice-toekenningseremonie sal op 12 Januarie 2020 by die Barker Hangar in Santa Monica plaasvind. Nicole Kidman is deur die North Texas Film Critics Association genomineer as beste ondersteunende aktrise.

Die rolprent is van die begin af baie goed deur kritici ontvang. Dit is ook vroeër benoem vir verskeie ander toekennings, waaronder beste kontemporêre grimering in ’n vollengte speelfilm, beste spesiale-effekte grimering in ’n vollengte speelfilm en beste kontemporêre haarstilering in ’n vollengte speelfilm. Dié benoemings is van die Make-Up Artists & Hair Stylists Guild (MUAHS) wie se toekenningsgeleentheid op 11 Januarie 2020 gehou word.

Bombshell is ook genomineer vir ’n Humanitas-prys in die beste vollengte dramarolprent-afdeling, waarvan die wenner tydens die 45ste Humanitas-seremonie op 24 Januarie 2020 by The Beverly Hilton aangekondig sal word.

Charlize Theron is ook benoem in die beste aktrise-afdeling, asook Kazu Hiro, Anne Morgan en Vivian Baker in die beste hare- en grimering-afdeling deur die Hollywood Critics Association (LAOFCS). Die derde, jaarlikse LAOFCS-toekenningsseremonie vind op 9 Januarie 2020 in Los Angeles plaas.

Bombshell is gebaseer op die ware gebeure wat gelei het tot die Fox News-skandaal. Daartydens het verskeie vroue die voormalige uitvoerende hoof van Fox News – Roger Ailes (gespeel deur John Lithgow) – beskuldig van seksuele teistering en daarin geslaag om een van die grootste en mees invloedryke mediareuse op sy knieë te dwing.

Dit is aangrypend en aktueel. Kritici prys die fliek nie net vir die hantering van ’n moeilike onderwerp en ingewikkelde verhaal nie, maar ook die draaiboek en uitmuntende regie.

Bombshell word deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei. Dit draai vanaf 24 Januarie 2020 in teaters.

Soortgelyk

 

Covid-19: 5de nuwe geval binne 4 dae

16 ure gelede | Gesondheid

‘n Vragmotorbestuurder in Walvisbaai het gister positief vir Covid-19 getoets.Dit is die vyfde positiewe geval sedert Woensdag. Al die persone was in kwarantyn.Persone waarmee die...

‘80% van skole gereed’

3 dae gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sowat 80% van die 1 920 staatskole oraloor in die land is gereed om leerlinge volgens verpligte gesondheidsregulasies te ontvang wanneer hulle...

Nog leerlingdokters wag om uitgeplaas te word

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Meer as 100 leerlingdokters wag glo reeds maande om vir internskappe by staatshospitale oraloor in die land uitgeplaas word. Die 166 leerlingdokters...

Stadspolisie van hardhandigheid beskuldig

3 dae gelede | Misdaad

Denver Kisting – ’n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, voer aan ’n beampte van die stadspolisie, waarnemende sersant Erwen Katiti, het hom Dinsdaglaatmiddag...

Weer vir 22 Mei 2020

3 dae gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltleik bewolk en warm in die streke van ||Kharas en Hardap. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

‘Vervoer van drank nie ’n misdaad’

3 dae gelede | Misdaad

Francoise SteynbergDie blote vervoer van drank is nie ’n misdaad nie en kan nie as redelike gronde gebruik word vir agterdog van die koop of...

Vroue in kwarantyn toets positief vir Covid-19

3 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Twee vroue het in kwarantyn positief vir Covid-19 getoets. Dit bring Namibië se totaal bevestigde Covid-19-gevalle op 18 te staan. Volgens die...

Ebikes: vinnig, goedkoop en groen

3 dae gelede | Mense

Tanja Bause Nie te veel besighede kan sê dat hulle in die Covid-19-tyd so goed aangepas het dat hulle nuwe werknemers moes aanstel nie. Ebikes4Africa...

Market Watch Covid page - snippets

3 dae gelede | Gesondheid

The Namibia Football Association (NFA) executive committee has yet to decide what to do with funds it expects to receive from the Federation of International...