Taiwannese akteur draf 4Deserts-marathon kaf

14 May 2019 | Kuns en vermaak
Francoise Steynberg - 'n Bekende Taiwannese sanger en akteur, Fan Yi Chen (41), het onlangs aan die 4Deserts-ultramarathon in die Namibwoestyn deelgeneem.

Fan is een van 19 Taiwannese wat van 28 April tot 4 Mei aan die wêreldbekende moordende ultramarathon van 250 km in ses fases in die Skedelkus Nasionale Park deelgeneem het.

Uit al die deelnemers van meer as 40 lande het hy 34ste geëindig, en uit sy landgenote het hy derde gekom.

Fan, beter bekend as Van Fan, van Taipei, het in Taiwan sterstatus bereik ná sy hoofrol in die gewilde fliek Cape No. 7.

Hy het ook die twee temaliedjies in die fliek As Happy as Can Be en South of Border gesing.

Hy is ’n boorling van Taiwan en ’n lid van die Amis-stam.



Dit was Fan se eerste deelname aan die ultramarathon wat die derde jaar in Namibië plaasgevind het en die Sahara-marathon in Egipte vervang het. Fan het ook in Namibië getoer en die Etosha Nasionale Park, ’n Himba-nedersetting en Joe's Beerhouse besoek.

Op sy Facebook-blad pryk talle foto’s van Namibië se asemrowende landskappe, ryk wildlewe en kulturele verskeidenheid.

Florian Vieux van Switserland is eerste oor die wenstreep en Joanna Zakrewski van Brittanje is die vroue-wenner van 2019.

Vanjaar het geen Namibiër aan die marathon deelgeneem nie. Verlede jaar het die voormalige Namibiese krieketspeler, Tobias Verwey, die ultra-afstand kafgedraf en in 2017 het Lourens Rademeyer, Hannes Smit en Alfeus Haushona die Namibiese vlag hoog laat wapper.

Die Racing the Planet-reeksmarathon word ook in drie ander woestyne aangebied – die Atacama Crossing-marathon is in Chile, die Gobi March-marathon in Mongolië en The Last Desert in Antarktika, Nieu-Seeland en Georgië.

Soortgelyk

 

Soldate se vee moet ook skoert

7 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Dit is nie net boere wat uit desperaatheid hul vee op weermagplase laat wei nie. Lede van die weermag (NDF) is net...

Vereniging lê aan op wapenwet

7 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Namibiese vuurwapeneienaars het ‘n vereniging gestig en gaan “formeel in gesprek tree” oor voorgestelde wysigings aan die Namibiese wapenwet.Die pasgestigte Vuurwapeneienaarsvereniging van...

Building mental strength

7 ure gelede | Skole

Elizabeth Joseph Ronan Wantenaar is an 11-time gold, five-time silver and seven-time bronze medallist. He obtained these laurels on African soil in continental competitions...

Drie ontsnaptes steeds voortvlugtig

7 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause - Die drie vermeende misdadigers wat die naweek aan die kus ontsnap het, is teen gister nog nie aangekeer nie. Volgens die polisie...

Weer vir 23 Julie 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die verre Suide, maar sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Debaters going places

7 ure gelede | Gemeenskap

Elizabeth JosephThe Namibia high school debating team was sponsored by Kalahari Holdings to attend the inaugural Pan-African Schools' Debating Championships 2019 in Johannesburg, South Africa....

Equipping learners with cultural knowledge

7 ure gelede | Onderwys

Ombu is situated about 40 kilometres south of Otjiwarongo, and hosts the history, heritage and culture of the Ovaherero people in the form of a...

Sexual health in the spotlight

7 ure gelede | Onderwys

Ester Kamati The Windhoek Vocational Training Centre (WVTC) and the Society for Family Health (SFH) signed a memorandum of understanding (MoU) on Friday, 19 July...

Nicole terug op eie bodem

7 ure gelede | In beeld

Mej. Tiener Namibië 2018, Nicole Landsberg, 'n leerling aan Windhoek Hoërskool, is onlangs in Amerika as Miss Teen Contintents vir 2019 gekroon. Landsberg het Saterdag...