‘Taalgenoot’ voortaan gratis digitaal uitgegee

26 January 2021 | Kuns en vermaak
Taalgenoot, tydskrif van die ATKV, word voortaan gratis digitaal uitgegee.
Die gedrukte weergawe is steeds beskikbaar, maar daarvoor moet jy teen betaling inteken.
“Taalgenoot was nog altyd in ’n bevoorregte posisie,” sê Johan Jack Smith, redakteur.
“Die lede van die ATKV se finansiële bydrae verseker dat Taalgenoot die lig kan sien. Die tydskrif was nog altyd beskikbaar vir die publiek indien jy wil inteken. Ons het net gevoel meer mense moet die publikasie lees, en meer mense moet sien met watter wonderlike werk die ATKV besig is.”
Die Covid-19-pandemie het in ’n mate tot dié stap gelei.
“Maar ook omdat soveel publikasies weens die pandemie die digitale roete gaan. Daar is heelwat meer opwindende opsies betreffende interaktiwiteit. Ons gaan egter baie hard werk om die gehalteproduk soos dit tans is, te behou.”
Die digitale weergawe van dié tydskrif sal op die ATKV se webwerf beskikbaar wees.
Die SA Publication Forum bekroon jaarliks korporatiewe publikasies en Taalgenoot is in 2020 vir die derde jaar agtereenvolgens aangewys as die beste interne tydskrif. Taalgenoot het ook met die pryse vir beste skryfwerk, beste opskrifte en die Loretta Steyn-prys vir beste publikasievoorblad weggestap.
Lede van die ATKV kan steeds die gedrukte weergawe as deel van ’n lidvoordeel ontvang.
“Party mense verkies steeds die reuk van ink en papier.”
• Besoek http://bit.ly/Taalgenoot2021 of https://atkv.org.za/taalgenoot en lees die tydskrif nou aanlyn of laai die PDF-weergawe af.
- Netwerk24

Soortgelyk
Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021
5 ure gelede | Gesondheid
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
6 ure gelede | Gesondheid
80 nuwe gevalle, twee sterftes
8 ure gelede | Gesondheid
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
9 ure gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
12 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
12 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
12 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
15 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
23 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies