Swiegers het hoogste standaarde help stel
Ena Barlow, voormalige registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) skryf:
Dr. Wotan Swiegers was een van die stigterslede van die eerste mediese rade wat in 1995 tot stand gekom het.
Later en vanaf 2004, toe die wetgewing verander het en die nuwe struktuur ingestel is, het ons hom gevra en aangestel om te dien op die voorlopige ondersoekkomitee van die nuwe Mediese Raad waar klagtes wat deur die raad ontvang was, eers ondersoek moes word. Hier was sy bydrae regtig van onskatbare waarde weens sy ervaring en visie. Hy het dus 'n groot bydrae gelewer om die eerste professionele praktykstandaarde te stel. Hy het 'n lang ruk op hierdie komitee gedien waar hy rigting kon gee en het hoë professioneel etiese vereistes gestel aan pasiëntesorg.
Cornelius Weyulu, huidige registrateur van die HPCNA, en ek voel werklik dat ons bevoorreg was om hom te gehad het om ons by te staan in hierdie taak. Namens myself bring ek graag hulde aan hom wat, in die tyd toe ek as destydse registrateur die rade se struktuur moes instel, een van ons staatmakers was. Hy moes altyd van Swakop af inry vir vergaderings en nooit was dit ’n te groot opoffering nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie