Swartbooi bedank
Adjunkminister Bernardus Swartbooi het geweier om om verskoning te vra vir aantygings teen die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma en het vanmiddag aangebied om sy bedanking in te dien.
Volgens ‘n amptelike verklaring van Staatshuis volg die aankondiging ná ‘n vergadering tussen pres. Hage Geingob, Swartbooi en ander senior leiers, waar Geingob hom daarop gewys het dat die gebruik van ‘n openbare platform vir kritiek teen Nujoma onvanpas was. Hy het aangedring op ‘n verskoning wat Swartbooi nie bereid was om te gee nie.
“Die president wag vir agbare Swartbooi se bedankingsbrief,” lui die verklaring van Staatshuis.
Lees die volledige berig in môre se Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie