Swart Vrydag: R6 mjd. se transaksies verwerk
Nellie Brand-Jonker – Verbruikers het op Swart Vrydag lustig gekoop en die waarde van hul transaksies op debiet- en kredietkaarte meer as verdubbel van R2,9 miljard tot R6 miljard.
Dit is die transaksies wat op debiet- en kredietkaarte plaasvind wat deur die klaringshuis BankServAfrica se stelsels vloei.
Volgens Solly Bellingan, hoof van kliëntediens van BankservAfrica, het die verkope verwagtinge oortref ten spyte van die moeilike ekonomiese toestande wat heers.
Bellingan sê verkope in gewone winkels en aanlyn het ’n sterk jaar-tot-jaar groei getoon.
Interessante feite:
· Die duurste transaksie aanlyn op Swart Vrydag was R10 miljoen wat deur ’n internasionale maatskappy bestee is op ’n promosie in die gasvryheidsbedryf.
· Die meeste keer wat een kaart gebruik is, is 83 keer.
· In spitstyd is 717 transaksies per minuut verwerk.
· Gemiddeld 371 transaksies per minuut het vir die dag deur sy stelsels gestroom.
Op Swart Vrydag is sewe miljoen transaksies deur BankservAfrica van aanlyn- en fisieke winkels verwerk. Dit is 36% meer as die 5,2 miljoen in 2018.
Verkope net ná middernag het met 33% gestyg.
Die besigste tyd van die dag was tussen 10:00 en 11:00 met 595 792 transaksies wat verwerk is.
Volgens hom is BankservAfrica se syfers net ’n gedeelte van die totale syfers wat verbruikers sou bestee.
Kuber Maandag lok 42% meer
· Kuber Maandag se transaksies het met 42% aanlyn gestyg teenoor 2018.
· Minder transaksies het egter plaasgevind as op Swart Vrydag met net 249 908 wat vergeleke met 176 595 in 2018 plaasgevind het.
· Die meeste transaksies het ook tussen 10:00 en 11:00 plaasgevind.
· Die duurste transaksie Maandag was R1,9 miljoen.
· Een kaart is 151 keer gebruik.
· In spitstyd op dié dag is 322 transaksies per minuut verwerk.
· Die gemiddeld was 173 per minuut.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie