Swapo verloor twee setels

Die LPM het op Keetmanshoop koning gekraai in Woensdag se tussenverkiesing, terwyl Walvisbaai onafhanklik gestem het.
Augetto Graig
Augetto Graig



Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister die amptelike uitslae van Woensdag se vier tussenverkiesings vir Khomasdal, Gobabis, Walvisbaai-stedelik en Keetmanshoop-stedelik se streekraadsetels uitgereik.

In die hoofstad en op Gobabis het Swapo-kandidate gewen.

Op Keetmanshoop gaan die Land­less People's Movement (LPM) se kandidaat streekraad toe, terwyl Erongo se raad 'n onafhanklike raadslid in die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling kry.

Mnr. Angolo Samuel van Swapo sal die Khomasdal-kiesafdeling op die Khomasstreekraad verteenwoordig ná hy 1 227 stemme verwerf het.

LPM se me. Mara Baumgartner was tweede met 349 stemme, gevolg deur die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. Reggie Diergaardt met 326 stemme, en Swanu se mnr. Kauahuma Tjiunomuinjo met 202 stemme.

Op Gobabis het Swapo se mnr. Augustinus Tebele geseëvier met 1 409 stemme teenoor die LPM se mnr. Daniel Binga met 571 stemme, mnr. Braynie Modise van die PDM met 277 stemme en die onafhanklike kandidaat, mnr. Elvis Kauesa, met 82 stemme.

Tebele sê hy sal op jeugontwikkeling en deelname fokus, asook op armoedebekamping, die bespoediging van dienslewering, en die instel van gereelde gemeenskapsvergaderings.

Op Keetmanshoop het die LPM gewen ná hul kandidaat, me. Maxie Minnaar, 1 958 stemme verwerf het, gevolg deur Swapo se mnr. Festus Shilimela met 1 306 stemme, en die PDM se mnr. Abraham /Goagoseb met 292 stemme.

Minnaar sê: “Ons is die Landless People's Movement en ons sal eerste kyk na die grondlose mense – veral in nedersettings soos Ileni, om grondaktes wettig op hul name te help kry.”

Sy wil ook meer betaalpunte vir pensioenuitbetalings vestig en opnuut lewe in die ontwikkelingskomitee vir haar kiesafdeling blaas.

Minnaar waarsku nuwe raadslede sal slegs agt maande kry om 'n impak te maak, derhalwe moet op bereikbare doelwitte gefokus word.

Op Walvisbaai het die onafhanklike kandidaat mnr. Knowledge Ipinge geseëvier met 1 636 stemme, of 45,5% van alle geldige stemme, gevolg deur Swapo se me. Sirie Topulathana met 1 313 stemme.

Mnr. Kenneth Iilonga, ook 'n onafhanklike kandidaat, het 436 stemme gekry, en die PDM se mnr. Richard Hoaeb het 208 stemme op hom beteken.

Iipinge en sy ondersteuners het Walvisbaai se strate Woensdagaand net ná die aankondiging van die uitslae ingevaar.

Hy het glo besoek aan sy ouma afgelê om “seëninge te ontvang” ná sy vroeër die dag glo saam met hom gaan stem het.

Volgens die ECN is 3 593 wettige stemme op Walvisbaai getel, terwyl 23 169 kiesers geregistreer het om hul keuse daar te maak.

Sowat 15,5% van geregistreerde kiesers het hier aan die tussenverkiesing deelgeneem.

Dit is steeds heelwat meer as die 8,2% van geregistreerde kiesers wat in die hoofstad aan die Khomasdal-kiesafdeling se tussenverkiesing deelgeneem het.

Net 2 104 inwoners van Khomasdal, Otjomuise, 7de en 8ste Laan het hul stemme laat tel.

Keetmanshoop het die beste gevaar met 30,8%, of 3 556 uit 11 534 kiesers wat suksesvol gestem het.

Op Gobabis het 2 339 mense uit 13 457 gestem, wat gelykstaande aan 17,3% is.

Mnr. Theo Mujoro, die ECN se hoofkiesbeampte, het die tussenverkiesing as suksesvol beskryf.

Die politieke ontleder mnr. Graham Hopwood het gister gesê die nuwe raadslede wat nie aan Swapo behoort nie, kan dit moeilik vind om hul sin te kry in streekrade wat deur die regerende party oorheers word.

Hy sê hulle sal met Swapo-lede moet saamwerk om 'n impak te maak.

Volgens Hopwood moet Swapo van die geleentheid gebruik maak om uit dié uitslae te leer.

Indien nie, kan hulle moontlik hul houvas op die Erongo-, ||Kharas- en selfs die Khomasstreekraad verloor.

Hy sê die LPM het bewys hulle het groot potensieaal in die Suide, maar die toekoms vir onafhanklike kandidate bly onduidelik.

Dit weens onsekerheid oor die rol wat die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) en dr. Panduleni Itula in toekomstige veldtogte kan speel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.55% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.94/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 912.93/OZ DOWN -0.0032