Swapo-jeugliga steun Hage
Topkandidate is genomineer en eise is gelys tydens SPYL se onlangse komiteevergadering.
font face="Verdana" >
Augetto Graig - Die Swapo-jeugliga (SPYL) se sesde kongres sal van 24 tot 27 Augustus in die Zambezistreek plaasvind.
Dit was een van die besluite wat die afgelope Saterdag by die jeugliga se sentrale komiteevergadering in Windhoek geneem is.
Daar is ook besluit dat president Hage Geingob as enigste en onbetwiste kandidaat vir Swapo se presidensie ondersteun sal word by die party se kongres later vanjaar.
Die komitee het mnre. Epharim Nekongo en Mandela Kapere, en me. Mirjam Nghidipo goedgekeur as kandidate vir die pos van sekretaris tydens die SPYL-kongres.
Die huidige waarnemende sekretaris, mnr. Veikko Nekundi, het sy nominasie geweier.
Vir die pos van adjunk-sekretaris is me. Christine Haindaka, en mnre. Mogale Karimbue en Immanuel Shikongo ondersteun.
Die jeugliga-leierskap het tydens die geleentheid besluit om ’n veldtog te onderneem om te eis dat Swapo se leierskap, die regering, buitelandse diplomatieke missies en staatsondernemings 40% deur die jeug verteenwoordig moet word.
“Dit is van kardinale belang dat die jeug na vore kom en hulself as aktiewe voetsoldate in die welvaartstryd beskikbaar stel. Verteenwoordiging moet regverdig wees. Minstens 40% van die raadslede moet deur die jeug verteenwoordig word,” het Nekundi gesê.
Die SPYL se sentrale komitee eis ook dat die sperdatum vir die ministerie van finansies se belastingamnestie na 31 Julie uitgestel word.
Hulle voer aan die huidige ekonomiese klimaat maak dit moeilik vir klein besighede om hul belastingskuld af te los.
Terugbetaling moet so gedoen word dat besighede nie hoef te sluit nie, en dat bates net as laaste opsie opgeëis word. Daar is ook voorgestel dat sertifikate aan klein besighede uitgereik word om hul goeie reputasie tydens die oorblywende amnestieperiode te bevestig.
Die SPYL-leierskap eis ook die verwydering van die Rooi Lyn wat volgens hulle die boere in die noordelike kommunale gebiede ekonomies uitsluit.
Hulle versoek verder dat die regering meer met Suid Afrika in gesprek moet tree oor verswakte ekonomiese vooruitsigte. Hulle vra ook dat 12 Mei tot ’n nasionale vakansiedag verklaar word ter ere van Namibië se stigterspresident, mnr. Sam Nujoma.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie