Swapo betaal partytjieboete

Party erken skuld

28 May 2020 | Regering
Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie op 19 April.

Komm. Nelius Becker, hoof van die polisie se ernstigemisdadedirektoraat, het gistermiddag by navraag dié verwikkeling bevestig.

Volgens hom was dit ’n skulderkenningsboete wat Samupwa betaal het.

Becker sê Samupwa is die enigste een wat beboet is omdat hy die partytjie gereël het.

Volgens die polisiebeampte ondersoek hulle nog ’n bewering dat mnr. Ben Amathila, ’n Swapo-veteraan, strydig met die noodtoestandregulasies van een streek na die Khomasstreek gereis het om die partytjie by te woon.

Die res van die polisieondersoek is afgehandel, sê Becker.

Die partytjie op Sondag 19 April vanjaar om Swapo se 60ste bestaansjaar te herdenk, was geen kwytgeskelde openbare saamtrek nie.

So het Namibia Fact Check, ’n feitesendingprojek van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), in ’n verslag gesê wat onlangs aanlyn bekend gestel is.

“Die geleentheid was duidelik geen huishoudelike, begrafnis-, onbeplande of toevallige saamtrek nie en ook nie ’n vergadering deur ’n regeringsinstelling, die kabinet of die parlement waar ’n kritieke aangeleentheid van nasionale belang bespreek moes word nie.”

Boonop, sê Namibia Fact Check, het wetstoepassers geen toestemming verleen vir dié saamtrek om plaas te vind nie.

Volgens Namibia Fact Check het Samupwa by navraag gesê geen toestemming is vir die partytjie benodig nie omdat hulle aan die regulasies van die inperking voldoen het.

MEER AS TIEN

Namibia Fact Check het voorts gesê daar was meer mense by dié saamtrek as wat die inperkingregulasies toelaat.

“Daar was duidelik meer as tien mense by die geleentheid – selfs indien die media en veiligheidspersoneel uitgesluit word.”

Samupwa het vroeër by navraag – ook aan Republikein – aangevoer daar was net tien mense teenwoordig.

Hulle was hy wat Samupwa is as die seremoniemeester, president Hage Geingob, oudpresident Hifikepunye Pohamba, visepresident Nangolo Mbumba, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, Swapo-visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah, Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, oudminister Ben Amathila, die speaker, prof. Peter Katjavivi, en een onvermelde veteraan.

“Die lys sluit egter nie vir mee. Hilde Gwandani Daniel en Meriam Hidipo, ’n Swapo-jeugligaverteenwoordiger wie se teenwoordigheid deur Shaningwa erken word, en minstens een verteenwoordiger van Swapo se Ndilimani Cultural Troupe in nie.”

Samupwa was gister nie vir kommentaar beskikbaar nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Diamantsmokkelaars trap in polisie-strik

10 ure gelede | Misdaad

Jeanette Diergaardt – Die drie mans wat gister met ses ongeslypte diamante in hul besit in Windhoek betrap is, is op N$2 000 se borgtog...

45-jarige man is Namibië se eerste Covid-10-sterfgeval

14 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 45 jarige man is die land se eerste Covid-19-sterfgeval. Volgens Shangula het hy...

Reën op Lüderitz

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Dit reën katte en honde en is baie koud op Lüderitz, het Republikein se joernalis Tanja Bause vanoggend uit die Suide...

Reën op Lüderitz

17 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Dit reën katte en honde en is baie koud op Lüderitz, het Republikein se joernalis Tanja Bause vanoggend uit die Suide...

Aardbewing skud Karibib-omgewing

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - ’n Aardbewing, wat sowat 3,9 op die Richterskaal gemeet het, het gister omstreeks 01:46 sowat 85 km suid van Karibib voorgekom....

Beweerde aanrander vry op borg

1 dag gelede | Howe

Jeanette Diergaardt – Mnr. Samuel Shikale, wat na bewering ’n vroulike winkelassistent Sondag by Pick n Pay Mega Centre in Klein Kuppe aangerand het, is...

Britte bring grendeltyd op Kalahari-duin deur

1 dag gelede | Gemeenskap

Ronelle Rademeyer – As dit nie vir die Covid-19-pandemie en die wêreldwye inperkingsmaatreëls was nie, sou ’n Britse egpaar nou al halfpad deur Afrika op...

Air Namibia kan vlieg ná nagtelike interdik

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – Air Namibia kon Woensdagnag daarin slaag om in die hoërhof in Windhoek ’n tussentydse hofbevel te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië...

Okahandja se water lol weer

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, me. Martha Mutilifa, het die afgelope week erken die tuindorp gaan opnuut gebuk onder waterprobleme.Dít kom...